Sessie 4

0 views
Skip to first unread message

Wynand Malan

unread,
Oct 29, 2013, 2:07:55 AM10/29/13
to Ewoud-selgroep

Hallo almal

Ek is weer operasioneel! Dankie vir julle geduld. Daar is groot dele hiervan wat ek heeltemal moes oordoen, maar ek glo dat die Here ook daarmee ʼn doel het! Die leeswerk vir die eerste paar dae is redelik lank. Ek beplan om hiervan ʼn DVD te maak, dat ek eintlik die storie vertel in plaas daarvan dat jy dit lees. Maar nou ja, dit sal nog kom met die tyd.

Groete

Wynand

SESSIE 4

In Christus

Hierdie week kyk ons na wat dit beteken om “In Christus” te wees. Sommige van die elemente wat julle vroeër reeds na gekyk het, is ook hierop van toepassing.

Dag 1

Die dag toe die Here vir Moses op die berg Sinai ontmoet het, het Hy vir hom twee dinge in die hand gegee om vir die volk te neem. Die eerste was die 10 gebooie, wat Hy op twee kliptafels geskryf het. Die tweede was ʼn plan vir ʼn tent wat hy moes oprig waarin die volk God kon ontmoet. Om te verstaan wat dit beteken om “in Christus” te wees, moet ons eers hierdie twee elemente mooi begryp. Vandag begin ons met die 10 gebooie.

Dis baie interessant om te weet hoe die hele ooreenkoms tussen die Here en die volk gewerk het. Onthou julle dat daar 2 kliptafels was? Hoe het hulle gelyk? Was dit dieselfde? Of was daar verskillende dinge op die 2 tafels geskryf? Die feit is: Dit was albei presies dieselfde! Al 10 gebooie was op beide die tafels geskryf, dus duplikate van mekaar. Wanneer mense in daardie tyd kontrakte met mekaar gesluit het, dan het hulle 2 afskrifte van die kontrak gemaak. Hulle het dan ʼn seremonie gehou waarin hulle ʼn dier sou slag, dit mooi netjies in twee verdeel het, en dit weerskante teenoormekaar op die grond neersit het. Dink net vir ʼn oomblik wat ʼn bebloede spul dit moet wees! Die twee partye het dan saam tussen hierdie 2 stukke vleis deurgeloop, so deur die bloed, en hulle sou dan elkeen hulle eie verantwoordelikhede in hierdie ooreenkoms herhaal, en dan vir mekaar sê: “Mag dit met jou en jou nageslag gaan soos met hierdie dier as jy ons ooreenkoms verbreek.” Elkeen sou dan daarna een afskrif van die ooreenkoms saamneem om hulle te herinner aan hulle beloftes aan mekaar.

As jy Genesis 15 lees, sien jy hoe die Here op hierdie manier Sy verbond met Abraham beseël. Maar toe die tyd kom dat die twee partye – God en Abraham – saam tussen die stukke vleis moet deurloop, het ʼn diep slaap Abraham oorval. Volgens vers 17 het God alleen tussen die geslagte diere deurbeweeg, en so dit op Homself geneem om verantwoordelikheid vir die nakom van die verbond te verseker.

Dieselfde het gebeur met die verbond met Moses. God neem die volle verantwoordelikheid op Hom om die verbond na te kom. Hy gee as bewys daarvan albei afskrifte van die verbond (die twee kliptafels) vir die volk om dit by hulle te hou om hulle daardeur te herinner dat Hy alles sal doen om Sy ooreenkoms met ons in stand te hou.

As die volk die gebooie hoor, dan is hulle opgewonde om die Here te dien, en skree dan uit: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het en daaraan gehoorsaam wees”. Maar hoor dan wat is Moses se antwoord daarop terwyl hy die volk met die bloed van die offerdier besprinkel: “Hier is die bloed (Kyk na die bloed, behold the blood) van die verbond wat die Here met julle gesluit het”. Moses herinner hulle dat die verbond nie ʼn ooreenkoms tussen twee partye is nie, maar dis ʼn eenrigting verbintenis: God wat Homself, deur die bloed van ʼn offerdier, aan Sy volk verbind!

Jy wat nou aan God behoort deurdat Jesus Sy bloed aan die kruis vir jou laat vloei het, jy is nou besprinkel met Jesus se bloed, toegevou met Sy vergifnis en liefde.

Sien jouself binne-in hierdie kokon van liefde en vergifnis toegevou. Probeer kyk of jy die prentjie kan sien hoe jy letterlik binne-in die bloed van Jesus skoon en nuut gemaak is. Jy is “in Christus” ʼn totaal nuwe mens. Sien hoe jy toegevou is binne God se verbond met jou, sonder dat jy eers aan die verbondsluiting kon deelneem. Dink daaraan dat die Here Sy verbond met jou deur Jesus se bloed verseel het, en die verantwoordelikheid op Hom geneem het om die verbond geldig te hou. Elke keer as jy verkeerd doen en sondig, is dit God wat vir jou kom sê: “My kind, kyk na die bloed van die verbond! Ek hou my verbond met jou in stand, deur jou te vergewe en skoon te maak van ongeregtigheid. Jou aandeel aan hierdie verbond is om te geniet wat ek vir jou bied. Kom wees net my kind, en geniet my liefde en onvoorwaardelike aanvaarding en vergifnis. In Christus, My seun, is jy vry en nuut”.

Praat met die Here daaroor, en skryf jou gewaarwordinge daaroor in jou joernaal.

 

 

Wynand Malan

cid:image001.jpg@01CD0B48.4C9F6DC0

 

image001.jpg
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages