Goeie more julle
Ek gaan hierdie week weg wees, en nie in staat wees om per Whatsapp die stukkies aan te stuur nie. Ek gee dus sommer vandag die hele week se stukkies, en julle kan dit dan self spasieer soos julle dit inpas in julle dagboeke. Geniet dit.
Hierdie week is daar nie afsonderlike dagstukkies nie. Ek gaan aan julle slegs ʼn lys van Bybel gedeeltes gee wat verduidelik wat die Here alles vir ons gedoen het, en wat ons nuwe identiteit in Christus alles beteken. Neem elke dag een of twee van de versies, en lees dit deur. Dink deur die dag daaraan, en skryf in die aande iets neer in jou joernaal oor wat dit vir jou beteken.
MY GEESTELIKE IDENTITEIT IN CHRISTUS
EK WEET WIE EK IS
Ek is God se kind (Joh. 1:12)
Ek is Jesus se vriend (Joh. 15:15)
Ek is duur gekoop (1 Kor. 6:19-20)
Ek is versoen met die Vader(1 Kor. 6:17)
Ek is heilig – deur God afgesonder (Ef. 1:1)
Ek is ʼn burger in God se Koninkryk (Fil.3:20)
Ek is sout en lig vir die wêreld (Matt.5:13-14)
Ek is ʼn persoonlike getuie van Jesus (Hand 1:8)
Ek is vir altyd vry van veroordeling (Rom. 8: 1-2)
Ek is gekies en gestuur om vrug te dra (Joh. 15:16)
Ek is deel van die Liggaam van Christus (1Kor. 12:27)
Ek is ʼn dienaar van vrede en versoening (2 Kor.5:17-21)
Ek het vrye toegang tot God deur die Heilige Gees (Ef. 2:18)
Ek is vrygespreek van die aanklagte teen my (Rom. 8:31-34)
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (Fil. 4:13)
Ek behoort aan Christus en is daarom ʼn nuwe mens (2 Kor. 5:17)
Ek kan nooit van die liefde van God geskei word nie (Rom.8:35-39)
Ek is deur die Heilige Gees beseël as God se eiendom (2 Kor.1:21-22)
Ek is soos ʼn loot wat in Christus ingeplant is en vrug dra (Joh. 15: 1-5)
Ek mag na God toe gaan met vryheid en volle geloofsvertroue (Ef. 3: 12)
Ek is seker dat alles ten goede meewerk vir my wat Hom liefhet (Rom. 8: 28)
Ek is altyd God se tempel (1 Kor. 3: 16).
Ek deel in God se volheid (Kol. 2: 10)
Ek is in Christus verborge in God (Kol. 3:3).
Ek is regverdig verklaar (Romeine 5:1)
Ek is saam met Jesus lewend gemaak en sit saam met Hom in hemelse plekke (Ef. 2:6)
Ek is God se medewerker (1 Kor. 3:9; 2 Cor 6:1).
Ek is God se handewerk( Ef. 2:10)
Ek is oortuig dat Hy die goeie werk in my end uit sal voer, totdat Jesus kom (Fil. 1: 5)
Ek is verlos en vergewe (Kol. 1:14).
Ek is aangeneem as kind van God (Ef. 1:5)
Vroeg volgende week sal ek die gespreksriglyne deurgee vir die persoon wat die kleingroep byeenkoms gaan lei. Onthou net om aan te dui wie dit gaan wees.
Groete
Wynand Malan
