SDO

0 views
Skip to first unread message

Wynand Malan

unread,
Jan 11, 2015, 4:34:45 AM1/11/15
to Dirk Muller, Ewoud-selgroep, Jean Cooper, Lizeth Stadler, Manie Swart, Marius Schwartz, Nico Strydom, rede...@gmail.com, Peter van Maarleveld, Pieter Badenhorst, Pieter Le Roux, Sors Geldenhuys, Stella Berning, Sue Barnard, Thys Marais, Zeldi Hall

Goeie dag vriende

Ek skryf hierdie epos aan jou omdat jy my lewenspad gekruis het en 'n invloed op my lewe gehad het. Ek wil jou graag op hoogte bring van gebeure by SDO en verwikkelinge in my eie lewe.

Die Here is met ʼn dinamiese proses met my besig, ʼn roete wat opwindend is maar ook baie “scrary”. Soos julle seker al weet, het ek sedert verlede jaar baie gesukkel met my gesondheid, soveel so dat my bediening in Florauna aan die einde van Oktober 2014 tot ʼn einde geloop het. Die gemeente moes een van ons predikantsposte rasionaliseer, en omdat ek nie tans in staat is om ʼn vol-pos te beman nie, het ons besluit dat dit my pos sal wees. Ek glo dat die Here my nou die geleentheid bied om voltyds met die Dissipelskap bediening en begeleiding besig te raak.

Kom ek begin sommer deur kortliks die uitdagings rondom my gesondheid te verduidelik. Aan die begin van 2014 het ek agtergekom dat daar drasties iets skort. Ek het geen energie gehad nie, my kop was heeltyd dof seer en uitgeput, en dit het dikwels gebeur dat ek vir ure aaneen, soms dae, net geen rigting kry met my denke nie. Dis asof ʼn groot stofsuier skuins bo my voorkop kom sit en al my energie en denke uitsuig. Pyn in my gewrigte en spiere wissel mekaar af, reg deur my lyf, gevolg deur seer en geswolle kliere in my nek, keel en onder my arms. Slaapversteurings, en sensitiwiteit vir lig en reuke maak die hele prentjie nog donkerder. Met hierdie hele sak simptome-patats is ek van dokter na dokter wat my glad nie kon help nie, buiten om pynpille en antidepressante voor te skryf. Uiteindelik het ek by ʼn reumatoloog uitgekom wat Fibromialchia gediagnoseer het. Ek is tans onder behandeling hiervoor en die Fibromyalchia simptome reageer goed daarop.

Die simptome wat ek getoon het was heelwat meer as net die van Fibrormialchia, dus het my soektog na wat fout is, nie net hier opgehou nie. Ek het na baie toetse, derduisende rande en talle medici, paaie gekruis met ʼn dokter wat baie navorsing gedoen het oor die uitputting siekte CFS (Chronic Fatique Syndrome), of ME. Haar boek, “The desease called Fatique” het my baie insig in die kompleksiteit van die siekte gegee. Ek gaan vanaf 16 Januarie vir 8 maande deur haar behandel word, waarvan die eerste drie maande baie intens is. Bid saam met my vir die sukses van hierdie behandeling, sodat ek voltyds met die dissipelskap bediening kan voortgaan asseblief.

Soos julle ook weet, was SDO eintlik dormant vandat ek 8 jaar gelede in Florauna begin het. Dit was op versoek van die leierskap wat wou hê dat ek eerder al my energie in die gemeente moet insit. Wanneer julle dus van SDO gehoor het, was dit omdat ons binne die gemeente werksaam was. Die afgelope 2 jaar was SDO, op versoek van die leierskap, totaal onaktief.

SDO word tans uit ʼn diep slaap wakker gemaak om die rol te vervul waarvoor die Vader dit beplan het en my die roeping daarvoor gegee het. Ek funksioneer dus van nou af heeltemal interkerklik, met geen direkte verbintenis met die NG Kerk of enige ander denominasie nie. Ons wil juis gelowiges uit alles kerke aktiveer tot geestelike groei en volwassenheid, en mobiliseer tot effektiewe bediening en diensbaarheid, met die intensie om uit te reik na ongelowiges en liggelowiges om dieselfde proses in hulle wakker te maak.

Wat ek beplan, is die volgende:

·         Eerstens wil ek ʼn groep bymekaarmaak wat saam met my kan droom, met die Here praat oor die toekoms, en Sy stem daaroor hoor. Dis nie dat ek dit nie alleen kan doen nie, maar Dissipelskap gaan juis daaroor dat ons saam met medegelowiges die pad moet stap en bedien. Ek het reeds met ʼn paar persone daaroor gesels, persone wat baie pertinent my pad gekruis het binne ʼn spesifieke tydsbestek. Indien jy geroep voel om saam te dink en droom, laat my asseblief weet. Persone wat die gawe van voorbidding het is baie welkom om by ons gebedsnetwerk in te skakel. My hart is nie net om die groei van die bediening in gebed te “soak” nie, maar ook elke dissipel wat deur die bediening geraak word, met gebed te omring.

·         Tweedens wil ek graag ʼn bestuurspan saamstel, soos dit nodig word. Ek glo dat daar wysheid is in die vergadering van gelowiges. Ek het byvoorbeeld glad nie die gawe om met finansies te werk nie, en daarom sal ek persone in die span moet hê om daardie rol te vervul, anders is daar chaos. Ek vertrou dat die Here die regte bestuursvaardighede in die span sal inbou sodat ons in staat kan wees om  altyd ʼn antwoord vir elkeen kan wat ʼn vraag het, kan gee.

·         Op bestuursvlak is ek besig om ʼn besigheidsplan te skryf vir die bediening, sodat ons dit vir sakemanne kan gee vir moontlike samewerking en finansiële steun. Dit gaan ten minste ʼn jaar neem voordat SDO my finansieel sal kan dra. Daar het reeds ʼn paar donateurs na vore getree, en ek en Mariette voorsien self sowat 50% van my maandelikse behoefte. Die balans is ʼn geloofsaak, en ons vertrou die Here vir ons inkomste sowel as bedryfskostes.

·         Vierdens beplan ek om weer die Dissipelskool op verskeie maniere te laat herleef. Buiten die “Jubeljaar” belewenis wat julle goed ken, wil ek die Dissipelskap belewenis uitrol binne kleingroepe, sodat bestande kleingroepe saam die roete kan loop. Daarvoor is dit nodig om al die materiaal op skrif te stel, of ten minste op CD ROM te kry, sodat elkeen in die kleingroep ʼn CD kry vir daaglikse begeleiding. Sommige van die sessies wil ek op DVD kry, sodat die tyd wanneer die groepe bymekaar is, meer effektief gebruik kan word. Met bydraes uit die verlede kon ons al redelik vorder met hierdie deel van die bediening. Ek beoog ook om nuwe skole te plant op meer plekke in die land. Ek het reeds in die verlede beloftes gemaak aan mense in die Moot area, asook in Middelburg, beloftes wat ek nog nie gestand kon doen nie. Hierdie droom kan eers in werking tree as die “plaaslike skool” weer aan die gang gekom het.

·         Skryfwerk is ook hoog op my prioriteitslys. Ek is reeds besig om ʼn aantal produkte te ontwikkel vir persoonlike geestelike groei asook produkte vir groepe. Ek werk hard daaraan om teen Maart/April te begin met ʼn daaglikse stukkie wat ek op die webblad wil publiseer, met die titel Daaglikse Dissipel Dinamika.

·         Ek begin ook met ʼn begeleidingsonderneming wat ek van die huis af gaan behartig. Met Launch! 2 Live wil ek mense begelei om hulle lewens te lanseer op maniere wat sin en betekenis aan hulle lewens kan gee. Dit is, glo ek, ʼn baie opwindende deel van die toekomsprentjie van my lewe en SDO.

Daar is nog heelwat opwindende dinge in my droom-boek opgeteken, en nuwe geleenthede wat wink waarvan ek jou op 'n later stadium sal inlig. Bogenoemde is alreeds 'n mondvol wat my goed besig gaan hou oor die volgende paar maande.

Maak hierdie dinge jou ook opgewonde? As jy saam met my opgewonde raak oor alles wat aan die gebeur is, en die pad saam met my wil stap, hetsy as geloofsvriend, gebedsondersteuner, deel van die droom-groep, of net elke maand 'n nuusbrief van SDO wil ontvang, "reply" dan op hierdie epos deur net aan te dui dat jy belangstel. Ek sal dan graag met jou in kontak wil bly.

Mag jy ook deur die loop van 2015 beleef hoe goed en getrou ons Here en Meester is.

Shalom

Wynand Malan

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages