Eerste voorbereiding

2 views
Skip to first unread message

Wynand Malan

unread,
Jul 15, 2013, 11:59:56 AM7/15/13
to ons-se...@googlegroups.com

Hallo almal

Hier is solank die inleidende gedeelte, asook die eerste dag se voorbereiding. Geniet dit.

STAP VIR STAP DISSIPELSKAP

STAP 1 - BOU N (ST)EWIGE FONDASIE

Die eerste doelwit wat ons wil bereik in hierdie roete van geestelike vorming, is om ʼn stewige fondasie te lê in ons verhouding met die Here. In hierdie eerste deel van ons roete saam, gaan ons kyk na die volgende aspekte:

·         Wie is God, en hoe verstaan ons Hom

·         Wat beteken dit om nuut en vry te wees

·         Hoe kan ons ʼn persoonlike verhouding met Hom bou

·         Hoe lyk iemand wat “in Christus” is

Net hierdie vier onderwerpe alleen kan ons vir ʼn baie lang tyd besig hou! Ons gaan dus net ʼn paar belangrike sake aanraak uit elkeen van die onderwerpe. Wanneer ons op ʼn later stadium weer terugkom na hierdie onderwerpe, is die fondasie al lekker stewig vasgelê, en kan ons verder daarop voortbou.

Voor ons begin, net die volgende. Om regtig die meeste uit hierdie “roete” wat ons saam gaan loop, te haal, is dit nodig dat elkeen van julle ʼn skryfboek of lêer aanskaf. Jy kan dit elektronies ook doen. Hierdie is jou persoonlike joernaal, gebedsboek, notaboek, of wat jy dit ook al wil noem. Om joernaal te hou van alles wat jy dink en beleef in hierdie tyd, is baie belangrik. Oor drie jaar gaan jy kan terugblaai en sien hoe die Here jou gelei het. In moeilike tye is dit altyd raadsaam om terug te kyk na wat die Here alles vroeër al in jou lewe gedoen het.

Moenie te lang stukke probeer skryf, of te veel detail probeer gee nie. Die joernaal moet nie die fokus wees nie, net ʼn refleksie daarvan. Hou dit dus kort en eenvoudig.

Die tweede belangrike ding is om eerlik met jouself te wees. Dit wat jy in jou joernaal skryf, moet die ware gevoelens en idees weerspieël wat in jou binneste leef. Eers as jy jouself kan konfronteer met die waarheid, kan jy regtig groei en feesvier. (Later meer daaroor.)

Die voorbereiding vir die kleingroep byeenkomste gaan daaruit bestaan dat julle nadink oor ʼn kort stukkie wat ek skryf, soms ʼn kort MP3-snit luister of ʼn DVD kyk, ʼn paar Skrifgedeeltes lees en oordink, en reageer op ʼn paar vrae wat ek aan julle stel. Maak kort aantekeninge in jou joernaal daaroor. Om die studiewerk vooraf eenvoudiger te maak, is elke week se onderwerp ingedeel in 4 dele, wat jy gedurende die week in jou eie stil tydjie saam met die Here kan gebruik. Die idee is nie om die regte antwoorde op die vrae te soek nie, maar om te soek wat regtig in jou hart leef.

Bring jou joernaal elke keer saam na die groep byeenkoms toe. Dis nie om na mekaar se idees te kyk nie, maar eerder om jou eie gedagtes te verfris wat deur die week met jou gebeur het.

Die indeling van elke stap waardeur ons in die komende jaar gaan werk, is soos volg:

Stappe: Daar is 4 stappe wat ons deur die jaar gaan hanteer. Stap 1 is dus dit wat ons in die eerste kwartaal gaan behandel.

Sessies: Elke stap bestaan uit ʼn aantal sessies. Dit hang gewoonlik af hoe gereeld die groep bymekaar kom. Julle groep sal dus sowat 4-5 sessies hê. Sessie 1 is dus die materiaal wat julle gaan gebruik tydens die eerste kleingroep ontmoeting.

Dae: Soos hierbo genoem, is die sessie se voorbereidende gedeeltes ingedeel sodat jy dit oor 4 dae in die week kan versprei. Dag 1 is dus die klein stukkie voorbereiding wat jy moet deurgaan op die eerste dag wanneer jy met hierdie roete gaan begin.

 

Geniet die roete!


 

SESSIE 1

Wie is God vir jou?

Dag 1

Welkom by ʼn baie opwindende ontdekkingstog wat jy saam met jou kleingroep gaan meemaak. Die belangrikste van alles is dat jy dit saam met die Here gaan doen. Hy gaan dit nie saam met jou doen nie; jy doen dit saam met Hom. Hy nooi jou uit om die roete saam met Hom te loop. Dit maak nie saak waar jy tans staan ten opsigte van God nie. Hy is nie daaroor bekommerd nie. Hy is net besorg dat jy regtig verstaan dat dit Hy is wat jou roep!

Lees die gedeelte in Matteus 5:18-23. Dit gaan oor die verhaal toe Jesus vir Petrus en Andreas geroep het. Hulle was sommer gewone werkers. Vissers. Geen opleiding. Geen besittings of rykdom waardeur hulle vir Jesus tot aanwins kan wees nie. Net eenvoudige mense wat hard gewerk het om ʼn bestaan te kan maak.

Die Here het die afgelope tyd op wonderlike maniere gewerk om ons paaie te laat kruis. En die eerste ding wat ek met jou wil deel, is dat hierdie selfde roeping vandag voor jou deur gelê word. Die Here kom vandag deur Sy Gees, en konfronteer jou met dieselfde woorde wat Petrus destyds na sy asem laat snak het:

“Kom! Ja jy! Kom tot aksie, kom in beweging, kom en laat Ek jou help om jou lewe in te lyn te bring met Myne, want Ek wil jou gebruik!”

Hoor jy wat die Here vir jou wil sê? Spandeer tyd in stilte, alleen saam met die Here, en skryf jou gewaarwordinge hieroor in jou joernaal neer.

Dink by jouself: Is jy gereed hiervoor? Sien jy kans? Wil jy graag groei?

 

 

Wynand Malan

cid:image001.jpg@01CD0B48.4C9F6DC0

 

image001.jpg

evertla...@gmail.com

unread,
Jul 15, 2013, 1:32:53 PM7/15/13
to ons-se...@googlegroups.com
Baie dankie! Sien uit om te begin!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

From: "Wynand Malan" <wma...@sdo.org.za>
Date: Mon, 15 Jul 2013 17:59:56 +0200
Subject: [ons-selgroep1] Eerste voorbereiding

--
You received this message because you are subscribed to the Google Groups "ons-selgroep1" group.
To unsubscribe from this group and stop receiving emails from it, send an email to ons-selgroep...@googlegroups.com.
To post to this group, send email to ons-se...@googlegroups.com.
Visit this group at http://groups.google.com/group/ons-selgroep1.
For more options, visit https://groups.google.com/groups/opt_out.
 
 
image001.jpg
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages