Hi jul
Wat van ons gesels hieroor vlg week?
Michelle Ward
0726116647
mewa...@gmail.com
FLORAUNA VERHOUDINGSGROEPE WEEKLIKS
WAT GEBEUR IN DIE GEMEENTE
Hierdie week is die tyd van afwagting op Pinkster Sondag. Soos ons verlede week verduidelik het, doen ons vanjaar Pinkster anders as in die verlede. Vir diegene wat ʼn Pinksterreeks wil bywoon is daar elke oggend om 10:00 by Florandia gemeente ʼn Pinkster diens. Ons heg hierby vir julle die Pinkster begeleidingsgids, "Die Ritme van Pinkster", aan. Indien daar belangstelling is, sal daar ook ʼn groepstudie reeks op die webblad gepubliseer word.
Komende Sondag is dit dus Pinksterfees en Wynand gaan die erediens lei as hy gaan gesels oor die eerste Pinkster wat skeefgeloop het. Wynand lei ook die aanddiens, en daar gaan ons kyk na die dinge wat ons graag wil bereik in die lewe, en hoe ons versigtig moet wees met ons drome: dis te kosbaar om daardeur seer te kry.
AKTIWITEITE IN GROEPE
Ons herinner julle aan die groepsgeleentheid op Woensdagaand 4 Junie, wanneer ons ʼn lekker kleingroepe fees by die kerk hou. Ons gaan saam ʼn sop en broodjie aand geniet. Elke gesin, kleingroep of individu wat wil deelneem, moet ʼn piekniek mandjie pak met al julle eetgerei, asook sop en broodjies vir julle as gesin. Ons gaan in die kleinsaal ʼn heerlike aand saam geniet, en terwyl ons saam eet, sommer lekker saam geestelik kuier en gesels. Ons sien uit om julle as groep ook daar te ontvang.
As julle weet van persone wat graag wil inskakel in groepe, nooi hulle Woensdagaand saam. Ons kyk dan of ons vir hulle sommer dan en daar ʼn groep aan die gang kan kry.
Sien uit om julle Woensdagaand te ontvang.
Wynand Malan