Boodskap vir die dag - 11 November 2022: Toekoms vol van hoop

1 view
Skip to first unread message

Lukas du Preez

unread,
Nov 10, 2022, 10:39:27 AM11/10/22
to die...@googlegroups.com, die...@googlegroups.com, die...@groups.io, nuus...@googlegroups.com

 

DIE WEG NUUSBRIEF

11 November 2022

_________________________

Besoek ook www.dieweg.co.za

************************

GEDAGTE VIR DIE DAG

In die nag van stryd en sorge,
rig ek my na U omhoog;
biddend om 'n nuwe môre,
om 'n toekoms vol van hoop.

U gee 'n toekoms vol van hoop;
dit het U aan ons beloof.
Niemand anders, U alleen,
lei ons deur die lewe heen.
- Uit 'n lied van Sela (vertaal) -
 

************************

BOODSKAP VIR DIE DAG

Toekoms vol van hoop

In die tyd van Lot het dit ook net so gegaan: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink, gekoop en verkoop, geplant en gebou.” - Lukas 17:28.

Lukas 17:20-37 handel oor die onverwagse wederkoms van Christus. Die mens leef asof die aardse bestaan die begin en die einde van die lewe is. 

’n Baba bring die eerste weke van sy lewe deur deur melk te drink, die voeding vir sy liggaam op te neem en te slaap. Die baba het geen gedagte aan 'n toekoms nie. Soos wat hierdie mens groei en grootword, kom daar baie dinge by. Tog bly eet en drink, slaap, werk en die aangaan van verhoudinge die belangrikste van 'n mens se lewe. Maar kan dit al wees? En hoe dink ons oor die toekoms?

Jesus gee 'n duidelike antwoord. “Ek is die toekoms!” sê hy. Die lewe gaan nie voort in 'n nimmereindigende siklus nie. Daar kom 'n tyd wanneer Jesus Christus self hierdie bestel tot 'n einde sal bring en 'n regverdige Regter oor alle mense sal wees, dié wat dan nog lewe en die wat reeds gesterf het. Christus sal kom en alles nuut maak. Daarom is dit wys om jou lewe na hierdie verwagting te orden en nie jouself in alledaagse dinge te verloor nie.

Dit is goed om hierdie Koning te dien wat vir ewig sal regeer. Dit is wonderlik om jou hoop op Hom alleen te stel en met hierdie hoop te leef. Vir diegene wat aan Jesus Christus behoort, het daardie toekoms vandag reeds begin.

Andrea Eißler in Neukirchener Kalender 2021 (aangepas)
 

_________________________

 

--

Kopiereg© Materiaal van Die Weg mag gebruik word op die volgende voorwaarde:
Dat daar 'n duidelike verwysing na die outeur sowel as die webwerf www.dieweg.co.za by sodanige materiaal geplaas word.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages