Boodskap vir die dag - 28 November 2022: Vol van Genade en Waarheid

3 views
Skip to first unread message

Lukas du Preez

unread,
Nov 27, 2022, 1:56:41 PM11/27/22
to die...@googlegroups.com, die...@googlegroups.com, die...@groups.io, nuus...@googlegroups.com

 

DIE WEG NUUSBRIEF

28 November 2022

_________________________

Besoek ook www.dieweg.co.za

************************

GEDAGTE VIR DIE DAG

En dit is die getuienis:
dat God die ewige lewe vir ons gegee het,
en dié lewe is in sy Seun.
Wie die Seun het, het die lewe;
wie die Seun van God nie het nie,
het nie die lewe nie.
- 1 Johannes 5:11-12 -

 

************************

BOODSKAP VIR DIE DAG

Vol van Genade en Waarheid

Johannes, die apostel vir wie Jesus lief was, beskryf in die eerste hoofstuk van die evangelie die koms van die Christus van God met die bekende woorde: “En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos die van die unieke Seun van die Vader –vol genade en waarheid.” (Joh 1:14; 2020-vertaling).

Met die wêreld wat om ons verlig word deur liggies en feesversierings, kan ‘n mens maklik verswelg word in die kersfeesgees van Jesus se geboorte. Almal maak planne en sien uit na die kosbare tyd in die jaar. Familie is op reis en vriende kom bymekaar. Kinders is natuurlik die heel meeste opgewonde!

Oor Jesus se menswording kan ons nie stilbly nie. Dit het die gang van die wêreldgeskiedenis bepaal. In hierdie versie staan daar: Hy het onder ons kom woon. Daar staan in die Grieks as te ware: Hy het by ons kom tent opslaan. Hy het onder ons kom tabernakel.

Hy het sy heerlikheid, sy glans en majesteit aan die wêreld bekendgemaak. Hierdie heerlikheid, is uniek. Dit is enig in sy soort. Dit is uitsonderlik. Want dit is vol van genade en waarheid. Hierdie twee begrippe genade en waarheid bring volheid.

Genade dui op God se karakter. Hy is ‘n genadige God, wat groot is in goedertierenheid. Hy vergewe menigvuldig, maar laat nooit die sonde ongestraf bly nie. Want sy genade is nooit sonder waarheid nie. God is in sy wese self die waarheid. So maak Christus Homself ook bekend as Johannes in hoofstuk 14 beskryf: Hy is die Weg, die WAARHEID en die Lewe.

Mag die Here u ook vervul met die volheid van sy heerlikheid deur sy genade en waarheid.

Ds Lourens Venter
 

_________________________

 

--

Kopiereg© Materiaal van Die Weg mag gebruik word op die volgende voorwaarde:
Dat daar 'n duidelike verwysing na die outeur sowel as die webwerf www.dieweg.co.za by sodanige materiaal geplaas word.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages