Boodskap vir die dag - 23 November 2022: Laat jou lewe aan die Here oor

1 view
Skip to first unread message

Lukas du Preez

unread,
Nov 22, 2022, 1:00:25 PM11/22/22
to die...@googlegroups.com, die...@googlegroups.com, die...@groups.io, nuus...@googlegroups.com

 

DIE WEG NUUSBRIEF

23 November 2022

_________________________

Besoek ook www.dieweg.co.za

************************

GEDAGTE VIR DIE DAG

Want dit alles het ek ter harte geneem
en dit alles het ek probeer deurgrond,
dat die regverdiges en die wyse manne
en hulle dade in die hand van God is,
liefde sowel as haat;
die mens weet niks van wat hom voorlê nie.
- Prediker 9:1 (53-vertaling) -
 

************************

BOODSKAP VIR DIE DAG

Laat jou lewe aan die Here oor

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.” - Psalm 37:5

Ons ken nie die lewenspad wat voor ons lê nie. Ons dink baie oor die toekoms en wonder wat op ons wag. Soms oorheers bekommernisse, vrese en angste ons gedagtes. Hoe lank sal ek nog met hierdie siekte leef? Kan ek 'n operasie vermy? Sal ek weer goeie en gelukkige dae beleef? En as dit boonop vir ons voel asof ons ons weg deur die lewe alleen moet loop, word sulke vrae 'n groot las.

Nee, roep die Dawid uit, jy hoef nie hierdie groot las met jou saam te dra nie! Die Here is daar, die God van die vaders. Hy is jou getroue Metgesel! Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom. Hy sal jou tuisbring. Dit is wat dit hier letterlik sê. Werp jou bekommernisse op Hom. Lê jou vrese voor Hom neer. Vertrou Hom so grondig, so innig, so van harte, dat jou vrese verdwyn en jy verlig en selfversekerd word, vol hoop vir die toekoms.

Dit is 'n groot geheim van die lewe en 'n gawe om die lewende God so persoonlik en van harte te kan vertrou! Dan sal jy jou eie lewensweg nie as 'n toevallige pad van die noodlot hoef te beskou nie, maar as God se weg met jou.

Die grote God sorg vir my, lei en beskut my sodat ek my roeping kan vervul; sodat ek my probleme kan oorkom; sodat ek met vreugde en dankbaarheid kan leef, maar bowenal met die sekerheid dat Hy sal sorg, vandag en môre.

Uit: Und doch bei dir geborgen, Ermutigungen für schwere Zeiten, deur Andrea Eißler
 

_________________________

 

--

Kopiereg© Materiaal van Die Weg mag gebruik word op die volgende voorwaarde:
Dat daar 'n duidelike verwysing na die outeur sowel as die webwerf www.dieweg.co.za by sodanige materiaal geplaas word.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages