DIE WEG NUUSBRIEF
4 November 2022
_________________________
Besoek ook www.dieweg.co.za
************************
GEDAGTE VIR DIE DAG
Daar is geen ander doel en geen
ander weg nie,
as dat ons selfs ons beskeie daaglikse arbeid
met die diepste erns en getrouheid sal uitvoer
waartoe ons in staat is.
- Rudolf Koch (1876 – 1934) -
************************
BOODSKAP VIR DIE DAG
Getrouheid as vrug van die Gees
“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” - Galasiërs 5:22.
Ons doen en late het altyd betrekking op die nou – hierdie oomblik waarin ek lewe en 'n taak het wat voor my lê. En dan gaan dit eerstens nie om my vermoë om dit te doen nie, maar om my houding teenoor dít wat aan my opgedra is. Is ek bereid om dit wat aan my opgedra is so goed ek kan te doen: noukeurig, sorgvuldig, pligsgetrou?
Om aan God getrou te wees beteken om in verantwoordelikheid voor Hom op te tree. Hy het vir my my gawes en my wil gegee. Getrouheid is om die die regte balans te handhaaf tussen slaplê en ooreising. Getrouheid beteken om 'n opdrag aan te neem en dit na die beste van my vermoë ten uitvoer te bring. Dit is ook die gesindheid van toewyding, waardigheid en waardering wat daarin lê dat ek myself nie te vernaam sal ag om ook die klein dingetjies te wil doen nie.
Ons moet dit wat nou voor hande is met toewyding doen en dit sien as iets wat waardevol en sinvol is, en nie daarna kyk of dit vir my iets sal inbring, of vir my in 'n goeie lig by mense sal stel nie. Dit is die getrouheid wat ek aan God en myself verskuldig is.
Dr Gerold Lehner in Neukirchener Kalender 2021
(aangepas).
_________________________
--
Kopiereg© Materiaal van Die Weg mag gebruik
word op die volgende voorwaarde:
Dat daar 'n duidelike verwysing na die outeur sowel as die
webwerf www.dieweg.co.za by sodanige materiaal geplaas word.