Môre almal,
Ons het ‘n jaarlikse oefenkamp voor die Wêreldkampioenskappe. Die uitdaging wat ons het is dat beskikbaarheid van stoeimatte by die verblyfplek altyd ‘n probleem is. Dit maak dit moeilik om’n paar oefensessies oor die naweek in te sit.
Hier is ‘n opsie wat ons kan oorweeg. Daar is ‘n geskeduleerde oefenkamp deur die Rustenburg stoeiklub vir die naweek van 5 tot 7 Julie by Konka. Dit is ‘n spanbou-oord tussen Magaliesburg en Rustenburg. Daar sal ten minste 2 volledige matte beskikbaar wees asook ander oefenfasiliteite. Die meesters kan al hierdie fasiliteite gebruik. Die verblyf is in chalets met 3 etes ingesluit. Die inligting oor Konka is aangeheg.
Datum : 5-7 Julie 2019
Tyd : 14h00 Vrydag tot 11h00 Sondag
Kostes : R1200 per Stoeier.
Ouderdom : Senior en meesterstoeiers (mans)
Ingesluit : Alle etes
: T-hemp
: Verblyf
: Al die aktiwiteite
Tydens die kamp sal die volgende aspekte gedek word:
Die meesters/senior groep sal heeltemal afsonderlik funksioneer van die skole stoeigroep wat daar sal wees.
Gee asb ‘n aanduiding of jy so ‘n kamp sal bywoon?
Groete
Willem.
Standard Bank email disclaimer and confidentiality note Please go to www.standardbank.co.za/site/homepage/emaildisclaimer.html to read our email disclaimer and confidentiality note. Kindly email discl...@standardbank.co.za (no content or subject line necessary) if you cannot view that page and we will email our email disclaimer and confidentiality note to you.
Ek sal dit ongelukkig nie kan bywoon nie. Ek het reeds ‘n uitnodiging na ‘n troue daardie naweek aanvaar.
Groete
Pine
François Pienaar
Cell: +27 82 5666000
e-Mail: fran...@pienaar.co.za
--
You received this message because you are subscribed to the Google Groups "meesters-stoei" group.
To unsubscribe from this group and stop receiving emails from it, send an email to meesters-stoe...@googlegroups.com.
For more options, visit https://groups.google.com/d/optout.