From: Caren Bode [mailto:centurion...@gmail.com]
Sent: 06 August 2015 01:00 PM
To: Chev Adam <ca...@stithian.com>; Yuanita Adam <yuanit...@gmail.com>
Subject: Fwd: FW: Omlope waarskuwing
Goeiedag Ouers,
Sien die epos vanaf Noord Gauteng hieronder oor omlope wat nou weer kop uitsteek.
Die omloop begin soos 'n klein puisie (of lyk soos 'n muskietbyt).
Begin dadelik met 'n topiese room wat jy by die apteek kan koop. Smeer gedurig aan - ek gebruik Canalba room as ons 'n omloop het en dit werk so binne 5 dae as jy aanhoudend aansmeer. Was hande elke keer na jy aangesmeer het.
Nog raad:
* Jy kan dit toesmeer met deurskynende cutex. Dit smoor glo die ding en dan is dit binne 3 dae weg - het nog nie self probeer nie.
* Saam met dit kan jy jou kind 'n halwe teelepel Engelse sout met louwarm water gee om te drink (baie sleg), maar dit jaag glo die
virus uit die sisteem - moet liefs op 'n Vrydagaand by die huis bly as jy dit doen.
Ek gooi dettol in my kinders se badwater of 'n paar druppels Tee Tree Oil. Hulle was ook met Head & Shoulders se peppermint shampoo wat glo ook al die spore doodmaak.
Laastens - as jou kind 'n omloop het - MAG HY NIE KOM STOEI OEFEN NIE - HY KAN DIE HELE KLUB AANSTEEK en dan kan al die stoeiers wat volgende naweek aan die Noord Gauteng Kampioenskappe moet deelneem aangesteek word
Soek asseblief julle kinders se lyfies deur van kop (in die haarlyn en agter ore ook) tot tone vir omlope.
Groete en sterkte en kontak my gerus indien julle nog iets wil uitvind oor die omlope.
CAREN BODE
Sekretaris
Centurion Stoei Gimnasium
Sel: 072 244 1740
E-pos: bo...@telkomsa.net
---------- Forwarded message ----------
From: CAREN BODE <bo...@telkomsa.net>
Date: 2015-08-06 11:44 GMT+02:00
Subject: FW: Omlope waarskuwing
To: centurion...@gmail.com
From: Marcel
de Wit [mailto:md...@yahoo.com]
Sent: 06 August 2015 08:28 AM
To: BENNIE LABUSCHAGNE; Liefie Roos; Wessel Badenhorst; Chris Pieterse; Richelle Pieterse; Laurika; Salome Venter; Alet Steenberg; Noord-Gauteng Stoei; Fanie Vermaak; Dalene Sandenbergh; Richard Bode; Annatjie Pieterse; Danie Odendaal; CAREN BODE; Archive
ngstoei; Marelene Meyer; Willie Meyer; Mariana Coetzee; Sandra Jardim; George Kiesling; Gert Coetzee; Hendrik Fourie; Cliff MacGregor; TuksStoei
Subject: Omlope waarskuwing
Goeie more almal
Neem asb kennis van onderstaande
Marcel de Wit
082 898 3795
Aan alle ouers en stoeiers
Met die oorgang van die seisoen is dit nou weer piek seisoen vir omlope. Ek
merk reeds op dat daar nou omlope onder ons stoeiers is.
Ons vra asb. dat julle sal mooi oplet na die stoeiers, kyk hulle gereeld
deur, en begin dadelik behandel as enetjie kop uitsteek.
Bad dadelik na oefeninge en toernooie
Moet asb. nie dat die stoeiers stoei (oefeninge en toernooie) as hulle 'n
omloop het nie, as dit nou begin versprei gaan ons met n groot probleem sit
teen die NG en SA kampioenskappe.
Bad dadelik na oefeninge en toernooie.
Hou die naels kort en was die klere na elke oefening en toernooi.
Ons hoop ons kan op julle samewerking staatmaak
Groete
Martie
NG mediese kommitee
---
This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
https://www.avast.com/antivirus
Everything in this e-mail and any attachments relating to the official business of Strata Healthcare Management is proprietary to Strata Healthcare Management. It is confidential, legally privileged and protected by law. Strata Healthcare Management does not own and endorse any other content. Views and opinions are those of the sender unless clearly stated as being that of Strata Healthcare Management. The person addressed in the e-mail is the sole authorised recipient. Please notify the sender immediately if it has unintentionally reached you and do not read, disclose or use the content in any way, but permanently delete this email from your system. Strata Healthcare Management cannot assure that the integrity of this communication has been maintained nor that it is free of errors, virus, interception or interference.
Die volle inhoud van hierdie e-pos en enige aanhangsels wat met die amptelike sake van Strata Healthcare Management verband hou, is die privaat eiendom van Strata Healthcare Management. Dit is vertroulik, wetlik geprivilegeer en regtens beskerm. Strata Healthcare Management besit en onderskryf nie enige ander inhoud nie. Die menings en opinies is dié van die afsender, tensy daar duidelik gemeld word dat dit dié van Strata Healthcare Management is. Die persoon aan wie die e-pos gerig is, is die enigste gemagtigde ontvanger daarvan. Stel die afsender asseblief dadelik in kennis indien die e-pos u onopsetlik bereik het en moet nie die inhoud lees, openbaar maak of op enige wyse gebruik nie, maar skrap dit permanent van u stelsel. Strata Healthcare Management kan nie verseker dat die integriteit van hierdie kommunikasie intak is of dat dit vry van foute, virusse, onderskeppings of steurings is nie.