Hello,
Na baie e-mails en oproepe het die Neelsie bestuur vir my gese dat hulle al die tyd nie vir my toestemming kan gee om die projektor te gebruik nie. Dit word besit deur "Campus Media". Ongelukkig laat campus media nie ons toe om hulle skerm te gebruik nie, maar hulle het wel aangebied om gratis advertensies vir ons te vertoon. Ek wag nog vir 'n email met die presiese details soos hoe lank die advertensies mag wees ens. Hulle moet die vertoning voor komende maandag he, so ons moet solank beplan. Ek het daaraan gedink om 'n paar kort screencasts te he met iets soos: "Can your computer do this? With open source software it can; for FREE. Come find out more in the upper floor at the neelsie." Ons kan dan byvoorbeeld 'n compiz-fusion cube / effects wys, 'n uittreksel uit The Elephants Dream (open source movie), miskien Blender, enige ander idees wat aandag sal trek? Mens kan goed soos open office wys, maar ek sal nie van operating system verander daarvoor nie, ons soek dus iets wat eye catching is. Ons kan dalk ook videos maak wat fokus op open source vir 'n matie, alhoewel dit dalk iets is waarop ons eerder in persoon met studente kan praat? As iemand dalk bewus is van waar mens 'n projektor en skerm kan leen laat weet my asb, dit sal goed wees as ons ons eie projektor daar kan he vir demonstrasies.
Op dinsdag 15 September 18:00 gaan die ouens van die iSign projek (program wat handgebare vertaal) 'n demonstrasie oor hulle werk gee. Dit klink baie interresant en ek wil julle aanmoedig om dit by te woon.
Na die demonstrasie, ongeveer 19:15 wil ons graag vinnig vergader vir software freedom day. Ons moet net n paar belangerike goed afspreek soos wie waar wanneer kan wees, bring asb julle roosters saam. Ek sal ook posters daar he wat julle op kampus kan versprei.
Hoop ek sien julle dinsdag.
--
Rudolf Meijering
Cell:
+27741419409