Bestel nou jou kopie van deel XVI van die WAT

0 views
Skip to first unread message

Gilles-Maurice de Schryver

unread,
May 14, 2021, 9:05:22 AM5/14/21
to lexico...@googlegroups.com

Lees die e-pos in jou webblaaier

Beste WAT-vriend

Deel XVI van die WAT het verskyn, presies twee jaar na die verskyning van deel XV.  Met hierdie deel word die letter S afgesluit en die redaksie vorder reeds fluks met die letter T. Die verskyning van elke deel van die WAT is ’n baken in die weerspieëling van die woordeskat van Afrikaans, omdat nog ’n gedeelte van daardie woordeskat so volledig as moontlik opgeteken is. Geen ander woordeboek kan Afrikaans so volledig vaslê soos die WAT nie.

Deel XVI bevat ook ’n addendum van nuwe woorde en uitdrukkings wat strek van A tot S. Dit is ’n uitgebreide weergawe van die Addendum in deel XV.  Die Addendum is bedoel om die kopers van die gedrukte woordeboek te laat deel in die voordele van die Aanlyn WAT wat gereeld bygewerk word oor die hele spektrum van die alfabet.

Hierdie deel sal jou meer vertel van woorde en uitdrukkings soos swaaistaat, stommel, sturvy, sterkgevreet trek, stieftande, stiekem en superdoor.

Klik hier om die bestelvorm vir deel XVI en die ander dele van die WAT af te laai.

Vriendelike groete,

Willem Botha


 

Twitter

Facebook

Website

Instagram

 

 

Kopiereg © 2021 Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alle regte voorbehou.
Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy daarvoor ingeteken het of voorheen aangedui het dat jy inligting van die WAT wil ontvang. Jy kan onmiddellik die subskripsie kanselleer deur hieronder op "unsubscribe" te klik.

Kontak ons by w...@sun.ac.za.

Ons adres is:
Buro van die WAT
Banghoekweg 115
Stellenbosch
7600

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages