POPIA, WAT XVI, Borg ’n Woord en kort video’s van WAT se 95ste verjaarsdag

2 views
Skip to first unread message

Gilles-Maurice de Schryver

unread,
Jul 20, 2021, 3:29:16 PM7/20/21
to lexico...@googlegroups.com, Botha, WF, Dr [wfb@sun.ac.za]

Lees die e-pos in jou webblaaier

Beste WAT-vriend

In hierdie skrywe bring ons u op hoogte van die WAT se hantering van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Daarna volg inligting oor WAT XVI en Borg ’n Woord, asook kort video’s van die verskillende items by die WAT se 95ste verjaarsdag.

Vriendelike groete

Willem Botha

 

Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPIA), bepaal dat instansies soos die WAT vanaf 1 Julie 2021 aan die bepalings vir die veilige bewaring van persoonlike inligting moet voldoen.

Die wet bevorder die beskerming van persoonlike inligting wat deur sowel private as openbare liggame gebruik word, asook die proses hoe daardie inligting gebruik, gestoor en verwerk word.

Die wet vereis dat ons by u inloer voordat ons nog e-posse aan u stuur.

As u gelukkig is daarmee om verdere e-poskommunikasie van ons te ontvang, kan u hierdie boodskap ignoreer. As u egter van ons e-poslys wil onttrek, klik asseblief op die onderstaande skakel. U kan enige tyd in die toekoms van die e-poslys onttrek deur op die skakel onderaan 'n nuusbrief te klik.

Die WAT hanteer persoonlike inligting met omsigtigheid en vir ’n spesifieke, beperkte doel. Besoek gerus ons webwerf by www.wat.co.za vir meer inligting rakende ons privaatheidsbeleid voordat u ’n keuse maak.

Teken uit

Baie dankie dat u deel is van die WAT-familie.

U is welkom om ons te kontak by w...@sun.ac.za indien u enige verdere vrae het.

 

Korter video's nou beskikbaar


Wil jy dalk weer na 'n gedeelte van die WAT se aanlyn geleentheid kyk? Korter video's van die verskillende programdele is nou beskikbaar op ons YouTube-kanaal. Klik op die foto's hieronder om die video oop te maak.

 

 

 

 

 

 

Twitter

Facebook

Website

Instagram

 

 

Kopiereg © 2021 Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alle regte voorbehou.
Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy daarvoor ingeteken het of voorheen aangedui het dat jy inligting van die WAT wil ontvang. Jy kan onmiddellik die subskripsie kanselleer deur hieronder op "unsubscribe" te klik.

Kontak ons by w...@sun.ac.za.

Ons adres is:
Buro van die WAT
Banghoekweg 115
Stellenbosch
7600

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages