Ek is klein
Jennifer Language gebore 17 April 2012 in Unitas
Hospitaal


Hierdie is my pappa
Shaun Language

Hierdie is my mamma
Amelia Language

Hierdie is my
boetie Raymond Language

Ek was net twee
weke oud toe word ek opgeneem in Unitas hopitaal vir breinvlies
onsteking. Die dokters het my so paar daggies daarna breindood
verklaar. Maar vandag die 15de Mei het ek begin reageer as my mamma
en pappa met my praat. En as mamma aan my voetjies vat dan ruk ek my
bene op!!
Maar ek is net ‘n
onskuldige kindjie wat van een gebedjie afhang. Ek verdien om groot
te word en die Woord van Jesus te kan leer en versprei.
So stuur asseblief
die email aan sodat ons ‘n GROOT gebedsketting kan vorm en intree
vir hierdie kosbare lewe van Jennifer. Die woord van God sê waar
twee mense of meer saam stem sal dit gebeur. Kom ons bid vir die
dogtertjie. God is groot. Niks is onmoontlik vir God nie. Hy is die
sterk rots, die leeu van Juda, God se lam. Hy het ons siektes reeds
oorwin aan die kruis en daarom het dit geen hou vas oor ons nie.
Prys die Here. Juig ons harte.
Mense so voor jy
gaan slaap vanaand gaan asseblief op jou knee en bid vir klein
Jennifer. Ons moet bid vir haar lewe en lewe uitspreek oor
haar.
Baie
dankie

