DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......
Die ou gaan gereeld jag
en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy
besluit
toe om vir haar `n
geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas
aangekom sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan
loop
hy
regs
teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoof
hek
ontmoet.
So gesê, so gedaan. Hy
het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie
skote
kort opmekaar hoor klap.
Hy hardloop valval terug
na waar die die stofwolk bo die doringbome
hang.
So deur die stof sien
hy haar vaagweg en dit lyk op ‘n afstand kompleet
of
sy haar eerste epileptiese aanval beleef.
Toe die stof effens gaan lê
kry
hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in ‘n
klein
sirkel soos ‘n rot wat te min gif ingekry
het en sy praat onophoudelik
op
een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit
paniekbevange
desperaatheid
gebore is. Tussen die
gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in
‘n
moerse argument met ‘n ander man betrokke
en die kragwoorde rol die een
na
die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige
rooi
lipstick deur.
"Meneer, dit is my Kudu
die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie
gate
in sy kop meet. Dit was MY koeëls!” gil se
terwyl sy die 30-06 se loop
roekeloos deur die
tonnels in stomme dier se skedel druk om te
demonstreer.
"Goed mevrou, bedaar
net!” sê die man vir die swaar gewapende en totaal
histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat
dan
maar
die
KUDU vir jou. “Gee jy om om net jou safety op jou geweer te
sit
terwyl
ek my
fokkin saal en toom van jou kudu afhaal?!?!?!”