Hulle sê ‘n mens praat nie oor jou
huweliks probleme met vreemdelinge nie. So ek het besluit
ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie storie
, “soos Joost se boek” net een man kan help het ek my doel
bereik.
Elkgeval om ‘n kort storie lank
te maak gaan ek by die begin, begin.
Ek het ‘n sout van die aarde,
kerk mens getrou die tipe mens met wie jy ‘n langpad kan loop, ‘n graad R
onderwyseres, ‘n sagge aarde Namakwa bloeiseltjie. Min het ek geweet daai
bloeisel kan verander in ‘n kaktus na 2 jaar van
huwelik.
Elkgeval soos met meeste struwelinge in ‘n huwelik begin
dit gewoonlik met jou vriende en my vriende. Ek kry toe mos nou gister ‘n
oproep van my vetplantjie wat sê ons gaan vanaand baba kyk, nou kyk baba kyk is
nie hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense is
nie. Elkgeval ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en die volgende oomblik word daar ‘n selfoon
in my oor neer gebliksem. Nou ek het nie
gedink ‘n mens kan ‘n selfoon soos ‘n ou huisfoon gooi nie, maar fokweet mamma
is toe so moerig ek hoor eintlik hoe tref hy die Renault se dashboard. So besef
ek mamma bestuur en praat op die selfoon en raak sommer lus en rapporteer die
krimineel, maar wat ek eintlik gedink het was, wat gaan daai dashboard nie
kos om reg te maak nie? Sien vorige Renault
storie.
Nou ek is ook nie ‘n week getroud nie en ken mamma
se kak en stuipe, eers kry ek die “silent treatment” – sy dink dit is ‘n straf
maar dit is eintlik moer rustig.
Toe dit nie werk nie, kry ek die
koue skouer en die sarkasme – nou as jy regtig jou vrou wil befok maak dat sy
die mure uitklim dat moet jy maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en neem
dit ernstig op. Sy het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te
bewaar en haar , haar sin gee, maar toe nie.
Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek daai bo
lippie styf soos iets in spasme, en jy moet weet as daai lippie styf trek, trek
die ander 2 toe soos ‘n plastiek speel pop se parra.
Maar so staan
ek mos nie bakhand vir die wolscooter nie en ek besluit om aan te gaan met my lewe. Terwyl sy na ‘n dag oue baba deur ‘n venster gaan kyk van
mense wat ons 1 keer in 2 jaar sien. Goeie tye!
Elkgeval sy kom toe eerste by
die huis en bel om te hoor waar ek rondloop?
Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou! Koop nogal ewe ‘n coke en
sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is ‘n
millennium man. “Nie dat ek bang is nie”
Elkgeval toe ek daar
inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar
is niks gemaak om te eet nie. Dit is mos die ander straf “die ek staak huiswerk omdat ek nie my sin
gekry het nie”. Maar my hande is nie rond nie en ek maak vir myself ‘n
toebroodjie. Toe sy sien die “ek staak straf”
werk nie kom staan sy voor my en toe begin die kak. Die Naggg
stadium, ‘n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die bybel praat van ‘n vlamme
hel, ek se kak storie, As daar ‘n hel is sal dit wees waar jy sit met 7 vrouens
wat gelyk sanik oor hoe ‘n kak mens en man jy nou werklik is. Die
ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.
Maar
so is ek mos nie ‘n klip nie, en raak ook moerig en sommer vinnig, en besluit
maar nou sit ek my voet neer. Verduidelik toe vir haar dat ek nie werklik minder
kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek
nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie. En dat sy moet oor dit
kom, of haar isues gaan afstap en my fokken uitlos. Maar fokken
steeds hou sy nie op nie, en ek besluit maar nou is
dit tyd om hand gemeen te raak. Nou, ek besef
jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en ek
bliksem toe maar ‘n bord teen die kombuis vloer neer. Man die stukke het
nog nie eens gaan stil lê nie en sy gryp my beursie en pluk my 2de laaste R50
vir die maand daaruit en sê sy gaan more ‘n nuwe bord koop. Maar teen die
tyd is ek al so liries befok en ek ruk sommer self my laaste R50 uit en sê sy
moet maar twee koop, en ek gryp nog ‘n bord en mik-mik so na haar voete met ‘n wille swaai beweging van my arm asof
ek epilepsie fake. Sy skrik en koes koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy vir
haar vriende verduidelik ek het haar toon met ‘n bord gebreek. Maar met die
wille aap dans van haar begin ek net te lag en besef
hoe belaglik die hele affêre nou eintlik is.
Fokken groot fout bra, jy lag nie vir ‘n vrou wat kwaad is
nie! Eers gryp sy die sleutels en gooi, maar sy
mis my net net en gooi amper die agterdeur se venster uit. Toe gryp
sy ‘n liter coke, ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links onderkant my
penis se voorpunt “so langs die knie”. Sjoe! Dit was close. Maar die
aanval stop toe nie daar nie en mamma storm die kombuis binne soos een van daai
mal vrouens op Flavour Flave. So besef ek, maar shit,
ek het myself in die kombuis vasgekeer, ‘n groot
fout.
En die dag voor dit het ons Ninja
Assisans gaan kyk, nog ‘n groot fout. Ek dog sy sê dit was ‘n kak fliek,
maar sy het duidelik meer aandag as ek gegee in die
bioskoop. Sy trek daar los met kaal hande,
maar daai arms swaai asof sy 2 ninjakas met spykers in rond slinger. Ek focus en
gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar
fok weet, sy doen daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op
die bors so tussen die moobs “man boobs”. So skop my so
hard, laat ek hik en op my gat gaan sit. Daar lê ek in die kombuis
so langs die Addis vullis blik tussen die stukke
gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer spartel om weg te kom van
hierdie begeesterde bloeisel.
Vir ‘n oomblik is ek in skok en dit
voel soos ‘n ewigheid wat ek daar lê maar 2 sekondes later sien ek hier kom sy
weer, maar die keer met ‘n besem. Wragtig ‘n fokken besem, ek het nooit gedink sy weet wat ‘n besem is nie,
maar sy weet hoe om met hom te slaan.
Ek het mos nou die dag
national geographic gekyk en besluit om in ‘n bondel
te gaan lê en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie ek het steeds op
my moer gekry. As dit nie was dat sy so onfiks is nie, was ek seker nou
nog op die kombuis vloer tussen die splinters
besig om pak te kry soos ‘n bergie wat ‘n fiets probeer steel
het.
Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die
kat van die kordyn raam afklim het ons wel lekker gelag oor die mannewales en
vrede gemaak. Maar ja, die storie bewys dat jy
wel mans kry wat soms ‘n pakslae kry by mamma, ek het net nooit gedink ek sou
een van hulle gewees het nie. Die blink kant
van alles is dat ek nou slaap soos ‘n baba, want ek weet as daar ‘n inbreker kom
gaan hy goed op sy moer kry. Hoop net hy breek eers
‘n bord.
Groete
Eerlike Smous
Ps moenie vir my vrou sê
van die storie nie.
Your E-mail and More On-the-Go. Get Windows Live Hotmail Free. Sign up now.