Ek verwys na my epos van 14 Februarie 2013 insake ons Algemene Jaarvergadering.
Ons AJV vind plaas op eerskomende Donderdag, 14 Maart 2013.
Dit sal om 18h00 by Viswijf (onderste lokaal) gehou word en nie by Deo Del Amore nie.
Ek stuur vir u onder ‘n aparte e-pos die Grondwet en Voorsittersverslag.
Verskeie van ons lede het ingestem om op die 2013 komitee te dien en ons versoek dat indien u sou belangstel om betrokke te raak, dat u vooraf met my te skakel ten einde die proses te vergemaklik.
AGENDA – KOUGA BESIGHEIDS FORUM: ALGEMENE JAARVERGADERING – 14 Maart 2013
1. Voltooiing van die teenwoordigheidsregister.
2. Verwelkoming en Opening - Wernich Cronjé.
3. Notule van 2012 Algemene Jaarvergadering.
4. Sake uit die notule en verdere sake vir bespreking.
5. Voorsitter se jaarverslag.
6. Finansiële jaarverslag.
7. Goedkeuring van KBF Grondwet
8. Verdere sake
- Kantooradministrasie, adres en telefoon nommers.
- Ondernemings klassifikasie en lidmaatskapgelde.
- Bemarking deur formele en informele byeenkomste.
- Facebook.
- Lojaliteits kaart vir KBF lede.
9. Verkiesing bestuurskomitee vir 2013/14.
10. Afsluiting.
Vriendelike groete
Frans van Eeden
Voorsitter Kouga Besigheidsforum