Goeie more almal
Graag druk ek op elkeen se knoppie aangaande die dame wat daagliks voor PME op die hoek staan. As dit kom by Hoedspruit se gemeenskap weet ek daar is wel mense wat al gehelp het en wat ook bereid is om te help.
Haar naam is Louise – n paar van ons het besluit om haar te help met kos en nodige toiletware. Ek gaan persoonlik vandag by haar plekkie stop om te kyk wat benodig word. Genoeg is dit defnitief nie – daar is ‘n Porsia dame wat daagliks kossies voorberei vir die Munisipaliteit teen R25.00 n bord per dag
Ek en ‘n vriendin sal elk vir ‘n week betaal en dan verseker weet dat sy ‘n kossie het vir twee weke wat maar R125.00 is per week – ongelukkig is daar nie saterdae en sondae ‘n kossie nie – wie stel belang om dalk nog ‘n week uit te help ?
Die girl is regtig bereid om enige werkie wat beskikbaar is te doen – weet een van julle dalk van so ‘n ietsie ? Ek is seker as sy geholpe raak met ‘n werkie dan is meeste van haar probleme uitgesort – enige iets mense asseblief enige iets
Baie dankie vir julle tyd – geseende dag vir almal
Sandra Opperman
phone: 082 444 3589 | e-mail : opper...@gmail.co.za
Fax: 086 602 5438
P O Box 251 HOEDSPRUIT 1380
