[Funny Pieces] AFRIKAANS JOKES PART 2

3 views
Skip to first unread message

John van der Westhuizen

unread,
Jun 22, 2009, 9:25:44 AM6/22/09
to funny-...@googlegroups.com
Die twee ou skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar.
"Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?" vra Koos.
"Nee," sê Piet, "ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het 'n Meestersgraad in Letterkunde. My seun is 'n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap.... Julle moet een aand oorkom dan hou ons 'n kultuur-aand. En wat het jy met jou lewe gedoen, Koos?"
"Nee," sê Koos, "ek was mos al op skool al 'n bietjie bakleierig en het toe na skool maar 'n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van 'n promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo.... Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle."

********************************************************************

Koos tel 'n engelse stukkie in 'n kroeg op en vra? Jou plek of
myne?
Sy sê: "I'm sorry, I'm on my menstrual cycle"
Hy sê: Dis fokkol, ons laai hom sommer op my bakkie.

********************************************************************

Die twee eerstejaar studente het 'n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagste swangerskap te gaan inlig. Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende more was hy vroeg op. Hy was heel verbaas om oral op die werf net Toyotas te sien. In die motorhuis het 'n Camry gestaan, onder die boom 'n Hilux bakkie en in die stoor was 'n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota. Terwyl hy hom so verwonder, groet die oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van 'n vindingryke student herstel hy gou en vra die oom uit oor sy baie Toyotas. "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. Die onderstelle hou vir ewig. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die Toyotas te start nie," sê die oom. Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota. Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy."

********************************************************************

Jannie se ouma kuier oppie plaas en Jannie hardloop by die plaashuis in waar sy ma en ouma besig is om middag ete voor te berei. "Ma, Ma, die bul spyker 'n koei!" Ouma skrik haar boeglam en kry omtrent 'n hartaanval.
Jannie se ma gryp hom aan die oor en trek hom buitentoe en sê "luister nou mooi Jannie, jy kannie rondloop en sulke lelike woorde gebruik nie, gebruik iets anders soos... uuhhhh .... sê eerder die bul verras die koei"
'n Paar minute later hardloop Jannie weer in die kombuis in; "Ma, Ma, die bul verras nou al die koeie!"
"Onmoontlik Jannie" sê sy ma, "Die bul kannie al die koeie verras nie". "Ja hy kan!!" sê Jannie, "Want hy spyker nou die perd!!!"

********************************************************************

Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na 'n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir 'n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: “Goeiemore my Seun”.
“More, Dominee” sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. “Dominee, wat is dit hierdie?” vra hy.
Die dominee antwoord: “Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het”. In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name.
Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: “Watter diens Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens”

********************************************************************
Please remember to check the BLOG ARCHIVE or SEARCH options in the column on the right for more posts


--
Posted By John van der Westhuizen to Funny Pieces on 6/22/2009 04:13:00 PM
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages