Die Boodskap Bybel Vertaling

0 views
Skip to first unread message

Liv

unread,
Jul 25, 2024, 12:29:39 AM7/25/24
to epitpisze

Die Bybel is ʼn boek wat vir ʼn verskillende volke van groot betekenis is. Om die Bybel goed te kan begryp en om dit te kan bestudeer, is ʼn grondige kennis nodig van die tale waarin dit oorspronklik geskryf is. Daar is egter min mense wat die grondtale, Hebreeus en Grieks, kan lees en verstaan. In ʼn poging om die evangelie aan alle volke te verkondig, is die Bybel of gedeeltes van die Bybel in meer as 1 600 tale vertaal. In die algemene beskawingsgeskiedenis van die Westerse mens het die Bybel ʼn onvergelykbare invloed gehad.

Die grondtale van die Bybel is Hebreeus en Grieks. Die Ou Testament is hoofsaaklik in Hebreeus opgestel en die Nuwe Testament as geheel in Grieks, al is dit moontlik dat 'n Aramese teks ten grondslag aan die Evangelie van Mattheus gel het. Die oorspronklike handskrifte van die Bybelse skrywers het, soos in die geval van talle antieke geskrifte, verlore geraak, en hedendaagse vertalers is dus op afskrifte aangewys. Met die oorskryf het daar foute ingesluip, en dit is nou die taak van wetenskaplike tekskritici om vas te stel wat die oorspronklike teks was, of om so na moontlik daaraan te kom. Dit word gedoen met behulp van die verskillende afskrifte, ou vertalings, sitate by ou skrywers en ander wetenskaplike metodes.

die boodskap bybel vertaling


DOWNLOAD ····· https://ssurll.com/2zMExM



Wat die Nuwe Testament betref, kan wei ges word dat daar niks wesenliks van die oorspronklike geskrifte verlore gegaan het nie. Daar is baie meer afskrifte van die Nuwe Testament as van enige ander geskrif uit die Oudheid - meer as 4000. Die Hebreeuse teks van die Ou Testament is met die grootste sorg deur die Joodse geleerdes oorgedra deur dit letterlik oor te skryf. Die skrywers moes 'n deeglike kennis van die tradisionele Ou-Testamentiese teks h en was bekend as die Masorete (die Hebreeuse woord massorah beteken "tradisie"). Die Masorete het vokaaltekens en punktuasie in die Bybelteks ingevoer ter wille van die verstaanbaarheid daarvan veral vir diegene wat nie meer die konsonantskrif kon lees nie.

Die skriftekens is die masora genoem. Die betroubaarheid van die Masorete-teks is opnuut bewys met die ontdekking van die Dooie Seerolle in 1947. Die oudste beskikbare manuskrip van die Nuwe Testament is die sogenaamde John Rylands-fragment, wat enkele verse bevat uit die Evangelie van Johannes en omstreeks 125 n.C. geskryf is.

In die laaste eeu voor Christus is Hebreeus as spreektaal geleidelik deur Aramees vervang en baie Jode het die Hebreeuse Bybelteks, wat in die sinagoges voorgelees is, nie meer verstaan nie. 'n Navertelling, 'n soort verklarende vertaling, is toe na die voorlesing in Aramees gedoen en het die naam Targoem (" vertaling") gekry. Aanvanklik is die vertalings mondelings oorgelewer, en dit is eers later te boek gestel. Van die belangrikste Aramese vertalings wat bewaar gebly het, is die Targoem Onkelos, ʼn redelik letterlike vertaling van die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Ou Testament.

Ook vir die Jode buite Palestina het die vertaling van die Hebreeuse Bybel in hul spreektaal noodsaaklik geword. In Egipte, in die stad Alexandri, het 'n groot Joodse gemeenskap gewoon wat nie Hebreeus of Aramees magtig was nie, maar Grieks gepraat het. Volgens 'n ou verhaal het 70 geleerdes - vandaar die naam Septuaginta, die Latyn vir sewentig - ʼn volledige Bybelvertaling gemaak wat op die ou end sou geblyk het woordeliks dieselfde te wees. Die verspreiding van die Christendom in Itali, Noord-Afrika, Spanje en Galli het die vertaling van die Bybel in Latyn genoodsaak.

Die belangrike Latynse vertaling is die Vulgaat, die werk van die kerkvader Hieronymus (in 405 voltooi). Daarnaas was daar in die oudheid ook Siriese, Koptiese, Armeense, Gotiese en ander vertalings. Na die Hervorming het vertalings van die Bybel in verskillende tale vinnig toegeneem. So het Martin Luther in 1521 tydens sy verblyf in Wartburg met die vertaling van die Nuwe Testament in Duits begin. Die vertaling is in 1522 voltooi. Met die hulp van ander geleerdes het hy vervolgens die Ou Testament vertaal.

Dit is oorgesit uit die oorspronklike tale en uitgegee deur die Bybelgenootskap, in opdrag van die Gesamentlike Kommissie van die "drie Hollandse Kerke in Suid-Afrika", en is deur die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap in Engeland gedruk.

Die eerste openbare pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans was 'n brief deur dr. Arnoldus Pannevis wat op 7 September 1872 in De Zuid-Afrikaan verskyn het. Daarin het hy daarop gewys dat die Nederlandse Statevertaling vir "de eenvoudiger gedeelte der bevolking" 'n geslote boek geword het omdat hulle dit nie meer verstaan het nie.

Uit korrespondensie wat daarop gevolg het, het dit egter geblyk dat die meeste mense sterk gekant was teen 'n Bybelvertaling in Afrikaans. As wegbereider vir 'n Bybelvertaling het C.P. Hoogenhout in 1873 die verhaal van Josef in Afrikaans uitgegee: Die Geskiedenis van Josef voor Afrikaanse Kinders en Huissouwens, in hulle eige taal geskrijwe deur een Vrind.

In die slot van die boekie het hy ʼn sterk pleidooi gelewer vir 'n Afrikaanse vertaling van die Bybel. Op 7 November 1874 het Pannevis en Hoogenhout regstreeks aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap (BBBG) geskryf om te pleit dat ʼn Afrikaanse vertaling onderneem moet word. Pannevis, wat die Bybelvertaling suiwer om godsdienstige redes bepleit het, het in die brief Afrikaans in ʼn swak lig gestel, sodat die BBBG ʼn Afrikaanse Bybelvertaling afgewys het. Die BBBG het die saak nietemin na sy sekretaris in Suid-Afrika, ds. Geo. Morgan, verwys.

Op die predikantekonferensie in Julie 1875 op Wellington is die vertaling van die Bybel in Afrikaans toe ook afgekeur. Hierdie toedrag van sake het gelei tot die besef dat ʼn stryd begin moes word vir die erkenning van Afrikaans as skryftaal. Met die oog daarop is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig onder leiding van ds. S.J. du Toit. Eers op ʼn vergadering in 1879 het die GRA besluit dat die tyd ryp was vir ʼn vertaling van die Bybel in Afrikaans. Die taak is in 1885 aan ds. S.J. du Toit opgedra.

Die saak is kragtig bepleit deur dr. J.D. du Toit, maar hy en dr. Keet was van mening dat die eerste vertaling in Afrikaans eerder net ʼn verafrikaansing van die Statebybel as ʼn nuwe vertaling uit die grondtale moes wees.

Die gevolg van die saak was dat ʼn aantal mense van die verskillende kerke hulle vanaf 1916 met die vertaling besig gehou het, en in 1922 het die proefuitgawe van Die Vier Evangeli en Die Psalme verskyn. Die nuwe vertaling is aanvanklik geesdriftig ontvang, maar dit het geblyk dat die taal te sterk Nederlands-gebonde was en gevolglik nie egte Afrikaans nie.

Die volwaardige onderneming deur die Afrikaanse Kerke (1923 -1933) Met die verskyning van die proefuitgawe het dit geblyk dat die Afrikaanse volk uitgesien het na ʼn Bybel in hul moedertaal, maar dat die vertaling eerder uit die grondtale gedoen moes word en dat dit oorgesit moes word in die ware taal van die Afrikaanssprekende gemeenskap. Om hierdie doel te verwesenlik, moes heeltydse vertalers en Afrikaanse taaladviseurs benoem word. As eindvertalers is drr. J.D. du Toit en B.B. Keet aangewys, maar aangesien dr. Keet nie vrystelling van sy doseerpligte aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch kon kry nie, is dr. J.D. Kestell in sy plek benoem. Dr. Du Toit sou vir die Ou Testament en Dr. Kestell vir die Nuwe Testament verantwoordelik wees. Later het nog eindvertalers bygekom drr. H.C.M Fourie en E.E. van Rooyen en uiteindelik ook dr. B.B. Keet.

ʼn Aansienlike aantal medewerkers en adviseurs het belangrike bydraes gelewer. Die Afrikaanse taaladviseurs was proff. S.P.E. Boschoff, T.H. le Roux, D.F. Malherbe en J.J. Smith. In 1927 het dr. C. Van Gelderen, Semitikus aan die Vrije Universiteit, Amsterdam, vir ses maande na Suid-Afrika gekom as adviseur vir die vertaling van die Ou Testament uit die Hebreeuse grondteks. In 1929 is ʼn hersiene uitgawe van Die Vier Evangeli en Die Psalme gepubliseer. Dit het by die kerklike publiek byval gevind en as spoorslag gedien om die volledige vertaling so gou moontlik te voltooi. Hierdie doelwit is in 1933 bereik. Op 29 Mei 1933 het die eerste besending Afrikaanse Bybels met die Carnavon Castle uit Engeland in Kaapstad aangekom.

Die eindvertalers het besef dat ʼn hersiening van die vertaling nodig was, veral in die lig van die bespreking wat op die publikasie van die nuwe vertaling gevolg het. Hulle het ook van die kerke opdrag gekry om met die werk voort te gaan. Omdat drie van die eindvertalers in hierdie tyd te sterwe gekom het, het net drr. J.D. du Toit en B.B. Keet oorgebly om die werk af te rond. By die verskyning van die hersiene uitgawe in 1953 het nog net dr. Keet gelewe.

Hierdie vertaling het voortreflike hoedanighede gehad en was van besonder groot betekenis vir die vestiging van die Afrikaanse taal. Tog het die ontwikkeling van Afrikaans en ander belangrike faktore dit nodig gemaak om na 40 jaar opnuut met ʼn vertaling te begin. As die eerste vrug hiervan het Die Blye Boodskap in 1975 verskyn.

Die werk aan hierdie vertaling het in 1970 begin, en dieselfde jaar reeds het ʼn proefvertaling van ses Bybelboeke verskyn. Die reaksie was gunstig. Die kommissie het toe met erns voortgewerk aan die nuwe vertaling. Toe die Afrikaanse Taalfeesjaar aanbreek, wou die Bybelgenootskap ook 'n bydrae lewer tot die herdenkings in die feesjaar, te meer omdat die Bybelvertaling van die begin af so nou gemoeid was met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal.

Die Kommissie van Vertalers het toe die nuwe vertaling van die vier Evangelies, Handelinge en vyftig Psalms vir publikasie gereed gemaak. Dit is gepubliseer onder die titel Die Blye Boodskap. Op 30 November 1975 is die publikasie by 'n feestelike geleentheid in die kerk van die Ned. Geref. Gemeente Universiteitsoord, Pretoria, in gebruik geneem. By die geleentheid is die eerste van 500 genommerde en getekende eksemplareaan die Staatspresident oorhandig. Binne die eerste jaar na publikasie is 'n paar verbeterde herdrukke uitgegee en is ongeveer 250 000 eksemplare versprei.

4a15465005
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages