Arbeidsake | Vergifnis (5)

3 views
Skip to first unread message

ekerk

unread,
Dec 11, 2007, 8:10:56 AM12/11/07
to eKerk | Argiewe
VERKRY VERGIFNIS DEUR SAAM 'N OPLOSSING TE SOEK

Die derde stap tot vergifnis is om die probleem met jou verstand uit
te redeneer en nie met jou emosie nie.
Die profeet Jesaja het met die mense van Juda en Jerusalem
gekommunikeer oor God se ontevredenheid met hulle gedrag. Terwyl hy na
hulle sondes verwys, kondig hy 'n wonderlike aanbod van God aan:
Jesaja 1:18 - "Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die
Here".
God het menslike wesens die spesiale vermoë gegee om te redeneer, wat
ons onderskei van alle ander wesens. Maar in die oerwoud van die
besigheidswêreld tree ons soms soos diere op. Soos 'n leeu wat sy
gebied afgebaken het en geen indringers of op posisie duld nie, raak
ons dikwels van mense ontslae wie se optrede ons nie van hou nie. Met
bliksemsnelheid laat ons dikwels ons pyle van woede los op elkeen wat
eintlik 'n behoefte het om vergewe te word.
Dalk het jy ervaring van 'n bestuurder wat uit woede onredelik teen
jou opgetree het. Dalk het 'n medewerker 'n leuen oor jou vertel.
Hierdie mense benodig jou vergifnis. Volg die opdrag in Jesaja en
kalmeer. Kom bymekaar en bespreek die konflik. Luister, en soek saam
'n oplossing. Vergewe.
Die vierde en laaste stap na vergifnis is om verhoudinge te herstel en
weer op te bou.
Stel jou voor hoe jy sal voel as een van jou beste vriende jou
bedrieg. Sal jy probeer om julle vriendskp weer te herstel? Gedurende
die grootste krisis van Jesus se lewe op aarde het Simon Petrus ontken
dat hy die Saligmaker ken. Het Jesus oor die saak gebroei en 'n wrok
teen Petrus gekoester? Het Jesus wraak teen sy vriend gesweer? Nee,
Christus het opgestaan uit die graf en Petrus omhels. Jesus het hom
vergewe en 'n Petrus wat baie seergekry het en skuldig gevoel het,
versterk en opgebou deur Jesus se vergifnis.
Neem net 'n minuut en dink aan die afgelope week toe jy mense moes
vergewe het. Was jy die slagoffer, die oortreder of die onskuldige
bystander? Dink nou aan watter aksies jy kan neem oor die volgende 24
uur om 'n weg van vergifnis daar te stel. Maak 'n lys van mense wat jy
moet vergewe en deur wie jy vergewe wil word. Begin deur vir hulle te
bid. Sien hulle dan vanuit God se oë, laat die oortreding by die Kruis
agter, redeneer vanuit jou gesonde verstand en herstel en bou die
verhouding op.
As jy vergifnis op hierdie manier hanteer, sal 'n kultuur in jou werk
geskep word waarin mense Jesus in jou oë sal sien, 'n nuwe kultuur
waarin werknemers toegelaat word om foute te maak maar weer te
probeer, 'n kultuur wat uiteindelik sal uitloop op sukses omdat dit
mense toelaat om te leer uit hulle mislukkings.
As jy en ek ander vergewe, soos wat Jesus van ons verwag, sal nie-
gelowiges Jesus in ons optrede sien .
Vergifnis sê:
· Jy is waardig op grond van wie jy is en nie op grond van wat
jy doen nie.
· Zero-defek moet gereserveer word vir masjiene, nie vir mense
nie.
Vergifnis maak ons vry om gesonde en ope verhoudinge te kan geniet.
Vergifnis laat ons kreatiwiteit los omdat ons vry is om foute maak.
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages