Vrou | Maak sy geskenk aan jou oop!

8 views
Skip to first unread message

ekerk online

unread,
Dec 29, 2007, 4:41:18 PM12/29/07
to Argiewe

Prys God vir sy ongelooflike groot geskenk aan ons almal! 2 Korintiërs 9:15

 

Dis Kerstyd: 'n Tyd waarin die wêreld om verskillende redes feesvier. Menige is bloot jolig omdat dit Christmas is, ander hou groot partytjies en vir baie van ons is dit kosbare familie-samekomste. Die kinders is rooiwang-opgewonde oor Kersvader wat die geskenke in die kerskous gaan sit of oor die pakkies onder die kersboom. Die vraag is hoe voel jý? Is daar in jou hart nog 'n stukkie kinderlike opgewondenheid oor die groot Geskenk wat jou Vader opnuut weer vir jóú gee?

 

Laat vanjaar toe dat die Heiland sy kerspakkies van genade onder jou hart se kersboom sit. Vra dat die Gees jou met ongekende vervulling sal vul sodat jy:

 

  • te midde van 'n groot klomp onrus daar buite, werklike vréde sal ervaar;
  • ten spyte van alles, van vreugde sal sing en;
  • ongeag al jou onopgeloste probleme, vertroue in die toekoms te hê ... omdat jou Verlosser meer as 2000 jaar gelede na hierdie aarde gekom het om jou vry te koop ... sodat jy vir altyd saam met Hom in heerlikheid kan leef.

 

Hóór weer hoe die engel, wat destyds aan die herders verskyn het, ook vir jou sê: "Moenie bang wees nie. Ek het baie goeie nuus vir julle; nuus waaroor julle nog baie lank gaan feesvier ... vandag is die Redder van die stad van Dawid gebore; vir almal van julle. Lukas 2:10-11a.

 

Sing dan met oortuiging saam met die hemelkore: "Eer aan God. Eer aan Hom wat in die hoogste hemel bly. En vrede vir almal hier op die aarde; vrede vir almal oor wie God nou feesvier." (Luk. 2:13b)

 

Mag Kersdag vanjaar vir jou ánders wees omdat jy die waarheid van die evangelie werklik jou eie maak; omdat jy opnuut besef dat jy soveel rede het om fees te vier en omdat jy weet dat jy, danksy die Kripkind, 'n ewigheidsvooruitsig het.

 

 

My Here en my God

 

Dankie, grote God, dat U u Seun

vir mý gestuur het en

dat ek daarom sonde- en skuldvry

voor U mag staan.

Ek loof U vir u hemelse geskenk aan my. 

Halleluja! Ek loof U!

 

 

 


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages