Pa & Ma | Die dade van ’n ouer praat hard

90 views
Skip to first unread message

ekerk online

unread,
Dec 12, 2007, 5:10:30 AM12/12/07
to ekerka...@googlegroups.com

Die dade van 'n ouer praat hard

Franciscus van Assisi het gesê ons moet die wêreld vir Jesus wen en woorde gebruik slegs as dit regtig nodig is.


Hierdie woorde is so waar en kragtig en so belangrik vir jou as ouer. Niks praat harder met 'n kind as jou voorbeeld nie. Wanneer die telefoon byvoorbeeld lui, mag jy nie vir jou kinders sê om vir die persoon te sê dat jy nie beskikbaar is nie. Om oor 'n stopstraat of rooi lig te ry is 'n swak voorbeeld wat jou kind waarneem en inneem.


Niks verwar 'n kind meer as dubbele standaarde nie. Practice what you preach; dis wat vandag nodig is om 'n suksesvolle ouer te wees. Kinders hou jou baie fyn dop en jy is hulle belangrikste rolmodel. Jy word uiteindelik die Bybel wat jou kind lees. Wat lees jou kinders wanneer hulle na jou lewe kyk?


Wanneer jy een ding sê en 'n ander ding leef, skend jy jou kind se vertroue. Jou kind gaan later nie meer weet wanneer jy ernstig is en iets opreg en eerlik bedoel nie. Dan moet jy nie verbaas wees en wonder hoekom jou kind jou nie glo en volg nie. Dit is een van die redes hoekom ek vas glo jy kan nie vir kinders lieg nie: hulle hou jou te fyn dop. Praat en leef die waarheid, altyd en oral.

Skrifgedeelte

Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. ~ Jakobus 1:22 ~

Gebed

Here, maak my 'n voorbeeld vir my kinders, 'n voorbeeld wat hulle met vreugde en vrede kan navolg. Help my om hulle nooit te laat struikel nie.


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages