Projekte | Slaggate en rooiligte (vervolg)

4 views
Skip to first unread message

ekerk online

unread,
Dec 12, 2007, 5:15:25 AM12/12/07
to ekerka...@googlegroups.com

 

SLAGGATE EN ROOILIGTE (vervolg)

Ek het onlangs die geleentheid gehad om 'n projek wat deur 'n organisasie in die VSA en Engeland in Suid-Afrika geloods is, te evalueer. Dit is om mee te begin, 'n baie duur projek om te implementeer en instand te hou. Ek deel graag 'n paar rooiligte wat ek sien flits het gedurende die evaluering.

Om mee te begin was daar nie 'n besigheidsplan wat die projek duidelik uiteensit, in plek nie. Ek hoor soms mense sê dit is nie nodig nie, want hulle weet wat hulle doen. In elk geval kom die visie vir die projek van God af en dit is voldoende. Jammer, dit is nie die geval nie. Iemand het eendag gesê: "God will provide but we must still do the paperwork." Dit spreek boekdele! Om net een voorbeeld te noem … die oomblik as jy begin fondswerwing in die besigheidsektor doen, gaan die besigheidsman vir jou vra om 'n besigheidsplan voor te lê, en dan? Die doel van 'n besigheidsplan is om struktuur aan die gedagtes te gee wat die manier het om in jou kop te begin maal wanneer jy die visie duidelik gesien het. Dit help jou ook om seker te maak dat die projek gefokus is en dat jy nie allerhande afdraaipaadjies begin neem en in die detail daarvan verstrengel raak nie.

'n Ander uiters belangrike stap, of te wel die heel eerste stap in enige projek is om die konsep deeglik uit te dink. Dit neem baie tyd en daarom is mense geneig om dit oor te slaan. Een van die probleme in die projek wat ek geëvalueer het, was juis die feit dat die konsep nie aangepas is vir Suid-Afrikaanse omstandighede nie. Die eerste eenheid wat geïmplementeer is, is oorhaastig geplaas en nou werk dit nie. Die ligging, teikengroep en hulle spesifieke behoeftes is nie in ag geneem nie. Wees asseblief versigtig om nie konsepte te dupliseer nie. Dit werk nie eers altyd in verskillende gemeenskappe wat op die oogaf dieselfde karakter het nie, wat nog te sê in verskillende lande en kontinente.

'n Ander groot probleem wat daar waargeneem is, is die swak kommunikasie wat daar is tussen spanlede, bestuur en topbestuur ingesluit. Hulle is besils nie op dieselfde spreekwoordelike bladsy nie. Hoekom nie? Die visie, missie en spesifieke doelstellings en implementeringsstrategie van die projek is nie duidelik omskryf nie en dit het 'n definitiewe impak op die doeltreffendheid van die projek.

Onthou: God se visie kan nie realiseer in jou eie missie nie. Alles moet deurdrenk wees met sy droom en sy hart vir die spesifieke projek.

God is 'n God van orde … is jou projek georden of is jy verstrengel in detail wat lei tot chaos en krisisbestuur?


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages