Wanneer ek getoets word (2)
Here, ek wil nie in die woestyn rondswerf en keer op keer dieselfde moeilike omstandighede trotseer bloot omdat ek nie uit my foute leer nie. Ek bid dat ek altyd 'n ontvanklike hart sal hê wat u hand in my lewe raak sien en u leringe ter harte neem. Help my om op u tydsberekening te vertrou. Vestig in my 'n onwrikbare geloof sodat ek kan weet: as ek die pad saam met U loop, voorsien selfs die louterende vuur die volmaakte lig vir elke tree wat ek moet gee.
Prys ons God, alle volke, laat sy lof
weerklink! Dit is Hy wat ons die lewe gee
en nie toelaat dat ons struikel nie! U het
ons beproef, o God, ons gelouter soos silwer.
– PSALM 66:8-10 –