Enkelouer | Moenie dat die kinders in die water speel nie, die oumense wil dit drink

5 views
Skip to first unread message

ekerk

unread,
Dec 11, 2007, 8:09:49 AM12/11/07
to eKerk | Argiewe
Ons almal herken 'n oulike kind as ons een sien, maar in vandag se tyd
is
daar ongelukkig nie so baie van hulle. Nou een oggend op pad werk
toe, sien
ek daar is weer 'n klomp uitdelers by die robot. Brosjures,
pamflette,
besigheidskaartjies, sneesdoekies, ens., ens. Dis einde van die jaar
en
almal se nerfies is mos maar dun van die spoed waarteen alles gebeur
en
omdat ek nie lus is om al die rommel uit my motor te dra saam met die
skootrekenaar, my gim-sak, my handsak en die inkopies nie, weier ek
meeste
van die tyd ewe stywe-nek alle uitdelers se ware. Vanoggend val die
lang,
skraal seun my egter op en draai ek die ruit af om sy pasellatjie te
ontvang. Hy groet my vriendelik en sê: "Dankie, Mevrou". Met die
wegstap
kyk hy om met 'n glimlag op sy oop gesig en sê: "Juffrou!" Dis nie
net
omdat hy my skielik jonk laat voel het nie (dit ook, ja!), maar dis
oor sy
humorsin, sy goeie maniere, sy oop geaardheid en sy spontaneïteit dat
ek
later steeds aan hom gedink het.

Wat gaan van ons oulike kinders in hierdie wêreld word? Oulikheid is
'n
eienskap wat sy "best before date" verbygesteek het wat die groter
kinders
betref. Dit lyk vir my soms asof dinge soos aggressie,
"assertiveness",
bombasme, beterweterigheid, wêreldwysheid, selfvoldaanheid,
selfgesentreerdheid en individualisme meer in aanvraag is as al die
eienskappe wat ons saam as "oulik" sou klassifiseer. Dit lyk vir my
asof
die wêreld 'n sekere mate van hardheid van ons kinders vra om te kan
oorleef. Ja, die lewe was ook nie maklik toe ons kinders was nie,
maar ek
dink ons het nog baie verder gekom in die lewe deur oulik te wees,
eerder as
hard.

Ek besef dat ek my kind moet voorberei vir die lewe daarbuite en dat
hy nie
vir altyd binne die veiligheid van ons nessie sal kan bly nie.
Gelukkig het
ek dit jare gelede reeds besef en altyd die balans probeer handhaaf
deur hom
vryheid binne relevante grense te gee. Eers het hy in die supermark
in die
trollie gery. Later kon hy na die speelgoed kyk solank as wat ek hom
in die
oog gehad het. Nog later kon ek hom by die sporttoerusting los terwyl
ek in
die kos-afdeling koop. Vandag het hy al saam met maats by 'n "mall"
gaan
fliek en koeldrank drink.

My hart breek vir ons oulike kinders as ek so om my kyk en sien hoe
seer
mense kry in die werksplek omdat hulle nie erkenning kry nie; omdat
mense
bokant hulle aangestel word wat nie die werk kan doen nie; omdat hulle
dienste nie meer benodig word nie. My hart breek vir ons kinders wat
in die
laerskool al praat van hulle sport in die buiteland gaan beoefen omdat
hulle
besef hulle nie in hulle eie land geleenthede gaan kry nie. My hart
breek
as ek sien hoe 'n bedagsame kind met goeie maniere uitgelag word deur
sy
maats. Ons leer ons kinders om ander lief te hê soos hulleself, maar
wat
moet daardie kind maak as 'n ander kind op sy skooltas spring? Mense
met
sagte harte word hard; trane van meegevoel maak plek vir 'n "los my,
ek wil
nie betrokke raak nie"-houding.

En ons moet ons kinders binne hierdie veranderende lewe grootmaak.
Ons kry
nie 'n handleiding vir ouerskap wat elke seisoen opgedateer word nie
en ons
sal eers weet of ons benadering reg was of nie, wanneer ons kinders
kinders
het.

Ek deel graag 'n paar dinge wat ek glo waar dit kom by kind-grootmaak
en sal
graag by jou wil hoor wat jy daarvan dink:

1. Leer vir jou kind waardes wat op die Woord gebaseer is en wat
nooit
sal verouder nie. Waardes is ononderhandelbaar. Hoe jy 'n spesifieke
situasie hanteer, is onderhandelbaar.
2. Moenie toelaat dat jou kind weggroei van jou af omdat jy te
besig is
nie.
3. Doen alles in jou vermoë om 'n oop, eerlike, liefdevolle
verhouding
met jou te kind te hê.
4. Stel jou kind voor aan Jesus, omdat dit die enigste verhouding
sal
wees waarin hy vir die res van sy lewe sal wees - of jy nou daar is of
nie.
5. Gee vir jou kind elke moontlike geleentheid om homself te
ontwikkel
of te verbeter sodat hy eendag 'n groter verskeidenheid van
moontlikhede het
om uit te kies wanneer hy keuses oor sy loopbaan of toekoms moet maak.
6. Bly op hoogte met wat in die wêreld aangaan sodat jy dinge met
jou
kind kan bespreek. Moenie dat jou kind vir jou sê: "Ja, maar Ma
verstaan
nie!" Probeer meer uitvind oor wat in jou kind se leefwêreld gebeur -
luister na hom, luister na sy maats of ander kinders, luister na
ander
ouers. Maak jou oë en ore oop en ontdek sy wêreld saam met hom.
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages