Gebed | Wanneer ek getoets word

9 views
Skip to first unread message

ekerk online

unread,
Dec 21, 2007, 3:06:16 AM12/21/07
to Argiewe


Wanneer ek getoets word

Here, help my om dit as louter vreugde te ag wanneer ek beproef word, want ek weet wanneer U my geloof toets, bring dit goeie dinge in my na vore. Ek wil die vertroue en versekering hê dat danksy U en alles wat U in my lewe doen en reeds gedoen het, ek vervuld is en niks kortkom nie. Help my om nie te misluk wanneer my gehoorsaamheid, geloof en liefde vir U getoets word nie. Ek wil in daardie aspekte vervolmaak word omdat ek weet dat dit die grootste seën sal meebring. Ek loof en prys U te midde van alles wat in my lewe gebeur.

My broers, julle moet baie bly wees
wanneer allerlei beproewings oor julle kom,
want, soos julle weet, as julle geloof die
toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te
volhard. En die volharding moet enduit
volgehou word sodat julle tot volle geestelike
rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.
– JAKOBUS 1:2-4 –

 


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages