Vrou | Gaan vanjaar sélf Betlehem toe

4 views
Skip to first unread message

ekerk online

unread,
Dec 18, 2007, 6:34:07 AM12/18/07
to Argiewe

Gaan vanjaar sélf Betlehem toe

Hulle het haastig soontoe gegaan. Daar het hulle vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Die skaapwagters kon hulle oë nie glo nie. Lukas 2:16

Jy het al 'n honderd maal die Kersverhaal gehoor en oor en oor die mooiste kersliedere gesing. Maar het jy al sélf Betlehem toe gegaan? Het jy al werklik in jou gedagtewêreld deur die stofstrate van destyds geloop, aan die staldeur geklop en sélf by Josef en Maria op die strooi gaan sit? Het jy dit gewaag om naby aan die Baba in die voerbak te gaan en jou pinkie uitgesteek sodat sy handjie daarom kan vou? Gesien hoe Hy met deernisliefde vir jou terugglimlag? Of is jy bang? Bang vir sy veroordeling, straf of vergelding? Dalk het jy bloot net nie die vrymoedigheid nie omdat jy – tipies vrou – skuldig voel oor baie dinge.
 
Kerstyd is 'n spesiale uitnodigingtyd wanneer die Seun van God ons almal opnuut nooi om, ongeag ons eie gebrokenheid, sonde en skuldlas by Hom te kom kniel. Dis die tyd wanneer Hy ons weer daaraan wil herinner dat Hy juis gekom het vir mense wat nie altyd alles reg doen nie, wat foute maak en wat vol sonde is. Dis 'n Feestyd omdat ek en jy in ons gebrokenheid (weer) voor die Messias se voete kan neerval en kan juig omdat Hy ons Verlosser-God is.

Besluit om Kersfees 2007 die Jesus van die Krip werklik ontmoet. Laat toe dat Hy – die groot God – sy hand om joune sluit. Sien hoe sy liefdevolle oë na jou kyk en hóór die genadeboodskap wanneer Hy sê: Ek het vir jóú na hierdie wêreld gekom sodat jý, liewe mens, nooit, maar nooit verlore sal gaan nie.

Gaan kniel in hierdie tyd sélf by die voerbak van die Lam en onthou: Hy ontvang nie perfekte mense nie. Hy wag juis vir onvolmaaktes en maak hulle dan ewigheidskinders.

Lam van God, ek aanbid U,
eer U en dank U
vir u onuitspreeklike genade!

Dankie dat U my Verlosser is
en dat ek in die tyd weer opnuut
gevul kan word met u liefde,
vrede en vreugde.

Here, dankie dat U my aanvaar
en liefhet net soos ek is.
Dankie vir genade op genade!.
 

y

 

 


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages