Ek het lekker gevlieg die naweek…
Saterdag was ons 11 by Wigwam. Russell, Theuns, Charles, Karina, Leon & Francois, Thomas, Mark, Gert, Ruart, Waldo, Marinus. Leon & Francois het ‘n OOOOOUUUU tandem uit die kas gehaal en vinnig besef dat landing verder as ‘n 1:4 glide is. Daarna is Leon weer op en hy vlieg toe tot by Mooinooi. Russell het soveel nostalgie gehad na hy die ou vlerk sien en vlieg toe na Deon se plek vir ‘n kuiertjie.
Sondag was ons 16 by Wigwam. Thomas, Mark, Gert, Ruart, Russell, Niel, Joe, Leanca, Tracey, Fourie, Waldo, Marinus, Francis, Leon, Theuns, Francois Miog. Ek het nie almal se vlugte dopgehou nie. Russell het vroeg opgestyg om die moontlike OD vry te spring. Daarna het ek saam met Theems gescratch vir 15 minute voor ek die glide tot by die 5de puitjie probeer het. Nadat ek my glider op gepak het sien ek 5 vlerke lekker draai tot by cloudbase. Dit was so 14:00 se kant, Marinus neem my toe weer tot by die hek waar die 4x2 kan kom en ek stap vir ‘n 2de keer die berg uit. Bo gesnak na asem en na die geraas op die radio geluister en bygedra. Miog het oorweeg om te kom topland maar 15:00 brom die monsters al dam se kant toe. Ek styg op en volg Miog na die 5de puitjie, met sy goeie glide land ek amper bo-op hom. Terwyl ons oppak doen Fourie ‘n toplanding (Francois, moenie jou kar op landing stop nie) en ry die laaste kar af na onder. Net toe ons klaar opgepak het sien ons iemand van die Noorde af inkom op groot ore. Ek scan vinnig deur die gliders en wonder wie vlieg met ‘n rooi en is dit nou blou vlerk? Leanca het al geland en die vlerk hardloop darem BAIE vinnig van daai monster af weg. GLO DIT, hier kom Koning Fielies, maar hy was nie by Wigwam nie, hy het Koning alleen by Harties opgestap en Wigwam toe gevlieg om saam met sy maatjies ‘n bier te kom drink.
Wat ‘n lekker vlieg naweek.
Sorry Dietie, ek het jou op die lys gemis. Jy was Sneaky
--
You received this message because you are subscribed to the Google Groups
"Cloudbusters PG Club" group.
To post to this group, send email to cloudbu...@googlegroups.com.
To unsubscribe from this group, send email to
cloudbusterss...@googlegroups.com.
For more options, visit this group at
http://groups.google.com/group/cloudbusterssa?hl=af.
On Feb 8, 10:15 am, "Waldo Minny" <wa...@minny.com> wrote:
> Ek het lekker gevlieg die naweek.