Krismis-vlerk vir AAO

0 views
Skip to first unread message

Jaco Wolmarans

unread,
Oct 10, 2007, 12:50:10 AM10/10/07
to cloudbu...@googlegroups.com
Ek het pas nog 'n speelding bestel. Sol se nuwe Synergy 3 DHV2. Die eerste een het verlede
week hier aangekom (Earl Valentine se baba), en op grond van sy en Stef Juncker se goeie
terugvoer het ek gou nog een gekry, een size kleiner.

Nou's hier's die probleem. Ek wil hom graag vlieg in die AAO, maar ek en vroulief is reeds 'n jaar
vooruit bespreek om daai tyd in die Wildernis rietslift te vlieg.

So as daar 'n Bustertjie belang stel om 'n ander vlerk te probeer by die Nationals, kontak my
gerus. Hy lyk soos 'n klein Boomer 5 - selle kleure, wit met blou en oranje. My enigste
voorwaardes is dat jy nie op sit nie, nie deur die swart takke sleep nie en nie in die son los nie.
Oortree jy dit, doen ek dieselfde met jou. En ek het gewig aangesit, so ...

Volgens Earl is die glider heel mak. Dit het meestal DHV1 en DHV1-2 (dis nie 'n typo nie) gekry,
met net net twee DHV2 ratings, vir die gewone versnelde assym gekry.

Verder sê Earl die vlerk is mooi afgerond - gaan lekker in 'n thermal in, klim goed, voel nie te
lugverskrik nie en is dit 'n goeie vlerk vir 'n DHV1-2 pilot om na toe op te gradeer. En die glide
langs Stef se Trango 2 was identies. Stef het my kort daarna gebel en gevra of ek nog een het
sodat hy dit op Bedford kon vlieg!

Kontak my gerus per email of 082 8555 945 indien iemand belang stel. Die vlerk is gisteraand
bestel en vertrek oor 5 weke uit Brasilië.


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages