FW: HY KUIK vôr MY!

3 views
Skip to first unread message

Waldo Minny

unread,
Mar 24, 2011, 2:58:56 AM3/24/11
to cloudbu...@googlegroups.com

Nicky, ek het nie geweet jy werk op Satara nie

 

From: Minny, Reinier [mailto:Reinie...@planning.wa.gov.au]
Sent: 24 March 2011 03:12 AM
To: bertus; car...@wam.co.za; Gerrie Coetzee; gert myburgh; ern...@vryburg.co.za; Rikus Swanepoel; da...@mweb.co.za; Waldo Minny; Mauritz Minny
Subject: HY KUIK vôr MY!

 

"Watse Engelspratery is dit met jou?!" vra Jongeling Dunn, waar ons om die Hardekoolvuur by die Olifants sit. "Blue Tick! Almal van ons bly in die Laeveld en kan sien dis 'n bloubosluis wat onder daai hond van jou se stert sit, en nie 'n rooipootjie nie. Blue Tick! Praat Afrikaans, man!"

"Jongeling, die hond is 'n Blue Tick," sê Theuns Botha, leeujagter van die omgewing.

"Wel, vir my lyk hy soos 'n hond," sê Jongeling. "Lelik ja, maar hy lyk beslis nie soos 'n bosluis nie. Wat maak hom in elk geval so spesiaal?"

"Jy verstaan nie," sê Theuns met die geduld wat 'n mens van 'n leeujagter sou verwag, "dis die soort hond - 'n Blue Tick. Wat hom spesiaal maak, is dat hy minder vrees vir 'n leeu het as enige ander hond."

"Minder as 'n Rifrug?" vra vriend John.

"Baie minder as 'n Rifrug," sê Theuns. Oorkant die rivier brul 'n leeu, en die Blue Tick roer net sy een oor, terwyl 'n rilling met sy lyf af hardloop. "Ek het met baie honde geëksperimenteer, en 'n hele paar verloor voor ek tot die gevolgtrekking gekom het dat die Blue Tick die geskikste is vir my werk."

"Ek glo dit nie dat daai hond 'n leeu kan vang nie," sê Jongeling, nou 'n bietjie meer bek-af as vroeër.

"Nee, Jongeling," sê Theuns, "hy vang nie die leeu nie, en ek werk met 'n span van so vyf-ses van hulle. Hulle keer die leeu vas, en dan skiet ek hom."

"So maklik soos dit?" vra Hansman, terwyl hy die blikbekers optop.

"Nie heeltemal nie," sê Theuns, "want jy moet eers die leeu kry, en jy moet seker wees dis die regte leeu voor jy hom skiet. Soms neuk dit maar."

"Ek sou sê enige leeu is die regte leeu," sê vriend Hay.

"Nie altyd nie," sê Theuns, "nou onlangs moes ek so 'n probleemleeu op 'n beesboer se plaas gaan skiet. Die honde het die spoor gou gekry, en die leeu in 'n plaat swarthake vasgekeer. Dis toe 'n wyfie, en toe ek wil skiet, sien ek daar loop melk by haar spene uit. 'n Ou kan nie sommer 'n wyfie met kleintjies skiet nie, toe moet ek haar los."

"Roep jy dan maar net die honde weg?" vra vriend John.

"Dis die geneuk," sê Theuns, "daai honde beweeg nie as jy hulle roep nie. Jy moet hulle een-een met die hand van die leeu af wegvat en in die hok agter op die bakkie gaan toemaak. Teen daai tyd is die leeu al reeds moerig, en hoe minder die honde word, hoe dapperder word hy. Daai dag het ek gedog die leeuwyfie gaan my byt. Het julle al gesien hoe geel is 'n leeu se oë as hy jou van hier naby af aangluur?"

"Ja, 'n leeu se kyk is nie 'n mooi gesig nie," sê Nick Smith. "Nou onlangs het ons die geval op Satara gehad waar 'n veldwagterkadet, Phineas Mtwetwa, een middag nie op die afgespreekte tyd aangemeld het na 'n patrollie nie. Ons roep hom toe op sy radio, en Phineas antwoord, maar al wat hy sê is, 'Hy kuik vôr my'!

"Ons weet toe Phineas het moeilikheid met iets, en ons spring in die bakkie om hom te gaan help. Gelukkig weet ons presies watter roete elke kadet patrolleer, en terwyl ons ry praat ons die heeltyd met Phineas. Amper soos die ouens wat die heeltyd met daai idiote praat wat van geboue wil afspring. Maar Phineas praat nie, hy sê net elke nou en dan, 'Hy kuik vôr my'. En dit het ook nie vir ons juis geklink of Phineas 'n begeerte gehad het om te spring nie.

"Toe ons so oor 'n bultjie ry, sien ons in die verte vir Phineas in 'n wankelmoedige boompie sit, net buite bereik van 'n helse groot leeumannetjie. Deur die vêrkyker kan ons sien Phineas se geweer lê onder die boom. En hy sê steeds 'Hy kuik vôr my', as daar met hom gepraat word.

"Terwyl ons nader ry, probeer die onderhandelaar 'n nuwe strategie. Hy vra, 'Hoe lyk hy, Phineas?'.

'Hy luik f*kken hônger,' sê Phineas!"

 ------------------------------------------------------------
The information transmitted is intended only for the person
or entity to which it is addressed and may contain
proprietary, business-confidential and/or privileged material. 
If you are not the intended recipient of this message you are
hereby notified that any use, review, retransmission, dissemination,
distribution, reproduction or any action taken in reliance upon
this message is prohibited. If you received this in error, please
contact the sender and delete the material from any computer. 

Any views expressed in this message are those of the individual
sender and may not necessarily reflect the views of the company. 
------------------------------------------------------------



DISCLAIMER

This email and any attachments are confidential and may contain legally privileged
and/or copyright material.  You should not read, copy, use or disclose any of the
information contained in this email without authorisation.  If you have received it in
error please contact us at once by return email and then delete both emails.  There is
no warranty that this email is error or virus free.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages