Ons trek op en klim dadelik in die house thermal in teen 5-8m/s wat
peaks van 10 het, op tot op base (base is mos so 400of 500m bo cloud
base of hoe?).
Ons slaan koers noortwaarts in en volg die Ellisras pad, boo oor die
wolk wat sit en kook bo ThabaNkwe, en onder die volgende een in so net
op cloudbase waar ons weer mooi begin klim. Elke thermal is mooi op sy
plek onder die wolk, en ons cloud hop die voldende 50km tot by so
bietjie van n blue hole, waar ons om sy kant moet detour. Ons sak tot
so 100m bo die Vlakvarke voor ons weer n mooi klim tref. Nou kan ons
die water sien blink in die Limpopo Rivier waar hy verby Cumberland
kronkel, en ek herken selfs in die verte n veld waar ek laas jaar
geland het net na son-onder, en hier ons is weer op base. Nou kies ek
my roete versigtig van wolk na wolk en 30km later bereik ons ons goal,
maak vir oulaas nog n paar draaitjies in n oulike en uitloklike 4up en
glide af om op die grasperk voor die huis van n wildsplaas op die
oewer van die Matlabas rivier te land. 80.7km en 2uur 56min se vlieg,
en nou is ons in die middel van nerens...
Ons word verwelkom met lekker koue stoute drankies, en n swem in die
swembad. Toe moes ons eers gaan beskou hoe die twee trokke vol Bokkies
en Widlebeeste wat pas aangekom het afgellaai word voor ons getreat
word tot n egte boere braai. Die aand slaap ons buite onder die
bosveld bome en luister na die nag geluide, ons sien selfs n
Muskeljaat kat in die boom lang ons, ge silouette in die maanlig.
Die volgende oggend na n lekker ontbyt word daar aangebied dat ons
maar met die Landrover solank moet ry dorp se kant toe, want anders
gaan ons laa
--
Walter Neser
wne...@gmail.com
+233 243 621 886 (Ghana Mobile)
+27 765 939 849 (S.Africa Mobile)
+61 405 491 007 (Australia Mobile)
#####################################################################################
This e-mail message has been scanned for Viruses and Content and cleared
by NetIQ MailMarshal
#####################################################################################