EMMA

19 views
Skip to first unread message

Admin

unread,
Apr 7, 2010, 7:31:34 AM4/7/10
to Centurion Camera Club
Aan die kommitee:

Ek is een van die klub lede wat hewig gekant is teen die eensydige
besluit om nie inskrywings op die aand toe te laat nie, maar slegs per
e-pos. Behalwe dat ek van mening is dat die kommitee nie by magte is
om sulke besluite te neem sonder om die lede behoorlik daaroor in te
lig en hulle dan te vra om daaroor te stem nie, is daar ander redes
waarom ek gekant is teen uitsluitlike e-pos inskrywings. Die kommitee
het ook reeds die sagteware aangekoop voor daar met lede daaroor
gekonsulteer is. Sulke besluite is nie alleen n miskenning van klub
lede se menings en regte nie, maar is ook ultra vires in terme van die
grondwet van die klub.

Die redes, inter alia waarom ek gekant is teen 'n e-pos alleen
inskrywingstelsel is soos volg:

In die area waar ek bly is my ADSL lyn gereeld af. Dit beteken dat ek
nie vrye toegang tot e-pos het om in te skryf nie. Dit ontneem my dus
van die geleentheid om op n gelyke basis deel te neem aan klub aande.
Dit gaan ook ervare, ouer fotograwe, wat nie toegang tot e-pos het,
wie se kennis ons graag wil gebruik in ons klub, ontmoedig om die klub
aan te sluit.
Ons is n sosiale klub, en ons is lede van die klub om met ander mense
wat dieselfde belangstelling as ons het, te meng en met hulle oor
fotografie te praat. Deur dit verpligtend te maak om slegs per e-pos
in te skryf, ontmoedig die kommitee lede om klub aande by te woon. Die
kommitee behoort eerder aan maniere te dink om lede aan te moedig om
klub aande by te woon. Ons is n sosiale klub, nie n militere instansie
waar bevele van bo gegee word, en almal moet gehoorsaam nie. Die klub
behoort aan die lede, en die kommitee moet die klub bestuur op die
riglyne wat deur die lede neergele word. MAW die lede besluit oor
reels en riglyne, en dit moet deur die kommitee toegepas word.

Die meeste ander klubs in die land laat inskrywings toe op die aand.
(Ek het 'n ruk gelede e-posse aan meeste klub voorsitters gestuur om
in besonder daaroor navraag te doen.)

Ek stem dus nie saam dat ons klub oorgaan na n e-pos alleen inskrywing
stelsel nie.
Ek stem ook nie saam dat die kommitee die reg het om eensydig en
sonder om lede behoorlik in te lig en die kans te gee om daaroor te
stem, sulke verreikende besluite neem nie. Daar is byvoorbeeld geen
motivering en konsultasie met lede gewees om die klubgelde op te sit
nie. Indien daar n finansiele tekort is, en die klub kort geld, moet
die lede daaroor ingelig word, en op n algemene vergadering moet lede
gevra word om te stem vir n ledegeld verhoging. Ek glo dat die klub in
n goeie finansiele posisie is en dat dit nie nodig is om ledegeld op
te sit nie. Dit maak dit ontoeganklik vir jong fotograwe.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages