Ek sal graag n heeltemal ander siening hieroor wil ingooi. En miskien
het dit niks te doen met die kamera klub nie by gese.
Die prosesering van n foto verskil heeltemal van die prosesering van n
klein efoto soos ingedien by die klub. Soveel meer moeite moet gedoen
word as veral n model foto teen A1 of A2 of A3 gedruk word in
vergelyking met n 1024 x 768 jpg. Ek moet vir n troue fotos voorberei
wat gedruk gaan word en "skin processing" moet dus heeltemal in n
ander klas gedoen word. Ek moes heeltemal weg doen met die normale
blur n bietjie en sulke tipe prosesse en na die profesionele proses
oorskakel want op n A2 drukstuk wys elke porie van die vel. So die
voorbereiding van n goeie drukstuk is nogsteeds werklik belangrik...
dis net eenvoudig te duur om dit te doen vir die kamera klub. (en dit
is heeltemal te veel moeite om verby 3 ster prints te beweeg).
Maak mens nou hierdie foto kleiner deur die image size te maak vir
gebruik by die kamera klub verdwyn hierdie ekstra details en die vel
kom n slegte porselein uit. en dit lyk regtig nie goed nie.... so
derhalwe moet die foto van vooraf geprocess word net vir kameraklub
doeleindes.
Miskien moet die PSSA en die kamera klub ingedagte hou dat HDTV van
1920 pixels wyd gearriveer het ...en dat kamera se mega pixels nou al
tot 50 gaan in die duurstes... Hoe lank gaan 1024 by 768 projektors
nog voldoende wees?
Die donkerkamer is permanent vervang deur die rekenaar net soos wat
die film vervang is deur CMOS. Geen foto is klaar voor dit nie
gephotoshop is nie... Nie dat daar n debat is oor photoshop nie.
Die eerste 3 sterre in die klub toets in elk geval of jy kan
photohop ... hehehehe
Groete