Goeiedag Werner
Ek vertrou dit gaan goed met jou en almal by Cantando@Bloem.
Ek is dalk voortydig, maar terwyl ons nou besig is met Gariepsake wil ek net solank by jou hoor of Cantando@Bloem dit oorweeg om 'n geskenk as aandenking aan Bouwer te gee met sy aftrede tydens die naweek.
Indien wel, sou julle verkies om 'n afsonderlike geskenk te gee of sou julle dit dalk oorweeg dat ons as Bloem, Delta en Algoa 'n gesamentlike geskenk aan hom oorhandig?
Ek stuur op die oomblik net voelers uit en sal dan in die loop van 2021 DV met jou en Jan Smit (of julle voorsitters as julle dit sou verkies) skakel om verder hiermontrent te gesels.
Ek hoor graag van jou.
Groete
Erica Basson
Sekretaresse