Beste kollegas
Hiermee die hoë kwaliteit jpg elektroniese plakkaat tov 28 Mei se konsert vir verspreiding na ons vergadering vanmiddag.
Groetnis
Alet
From: shaun munro <shaun...@gmail.com>
Sent: Wednesday, April 26, 2023 1:11 PM
To: Alet Olivier <apol...@mweb.co.za>
Subject: Re: Elektroniese plakkaat cantando@bloem konsert Mei 2023
Hi Alet
Hier is die Hoë kwaliteit weergawe van die plakkaat
Groete en dankie
Shaun
On Tue, Apr 25, 2023 at 5:19 PM Alet Olivier <apol...@mweb.co.za> wrote:
Goeiemiddag Shaun
Uiteindelik is die elektroniese plakkaat deur almal goedgekeur.
Kan jy asb vir my ‘n voorbeeld van die laaste weergawe per epos aanstuur, sodat dit makliker is met die verspreiding na verskillende sosiale platforms.
Baie dankie sover.
Ek kontak jou weer in die tweede week van Mei met die uitleg van die program – maar die ontwerp op die buiteblad bly dieselfde.
Groetnis
Alet
From: Alet Olivier <apol...@mweb.co.za>
Sent: Monday, April 24, 2023 4:55 PM
To: 'shaun munro' <shaun...@gmail.com>
Subject: FW: Logo
Importance: High
Goiemiddag Shaun
Francois het vir Ninette Pretorius gekontak en sy het die terugvoer hieronder gegee.
Ons moet blykbaar die UF se Odeion logo gebruik! Dit moet egter in die format bly, en kan net gekrimp word, maar nie soos dit tans op ons plakkaat is ‘n ronding kry nie. Dit is glo nie in lyn met die “branding” vereistes nie.
Ek stuur vir jou ‘n stemboodskap om te verduidelik hoe ons dink/voorstel om die twee logo’s dalk in te pas.
Groetnis
Alet
From: Francois Marais <marai...@gmail.com>
Sent: Monday, April 24, 2023 4:30 PM
To: apol...@mweb.co.za
Subject: FW: Logo
Hallo Alet
Ons het nie ‘n keuse nie en die logo soos aangeheg sal gebruik moet word. Interessant, in die eerste voorbeeld was die “School of Music” nie teenwoordig nie.
Miskien moet ons die aangehegte logo regs bo plaas met cantando net daarna regs en dan die Kunstetrust se logo afskuif na links onder.
Wat dink jy?
From: Ninette Pretorius <Preto...@ufs.ac.za>
Sent: Monday, 24 April 2023 16:21
To: Francois Marais <marai...@gmail.com>
Subject: RE: Logo
Die volledige logo aangeheg.
Ninette Pretorius
Officer: Professional Services & Concert Coordinator: Odeion School of Music
Beampte: Vakkundige Dienste & Konsertkoördineerder: Odeion Skool vir Musiek
Faculty / Fakulteit: The Humanities / Geesteswetenskappe
PO Box / Posbus 339, Bloemfontein 9300, Republic of South Africa / Republiek van Suid-Afrika+27 (0)51 401 2504
+27 (0)51 401 3782
Preto...@ufs.ac.za
From: Francois Marais <marai...@gmail.com>
Sent: Monday, April 24, 2023 4:17 PM
To: Ninette Pretorius <Preto...@ufs.ac.za>
Cc: apol...@mweb.co.za
Subject: RE: Logo
Middag Ninette
Ek hoop dit gaan goed met jou! Ek het jou raad nodig asseblief: Aangeheg is die konsep van die beoogde elektroniese plakkaat van ons uitvoering op 28 Mei 2023 wat hopelik binnekort gefinaliseer kan word nadat ons al die koorbestuurslede se terugvoer ontvang het.
Ons spook so bietjie met die inpas van die logos. Op die aangehegte voorbeeld het die grafiese ontwerper die UV-Humanities logo “anders” aangewend as die voorbeeld wat jy vir my gestuur het. Ek heg ook ‘n ander voorbeeld aan van ‘n moontlikheid van die Logo met die “School of Music” daarby waarvan ek meer hou. Hoe moet ons maak, wat is die voorgeskrewe riglyn, ons wil nie in die moeilikheid kom nie.
Hoop jy kan help! Baie dankie vir die moeite!
Francois
From: Ninette Pretorius <Preto...@ufs.ac.za>
Sent: Tuesday, 18 April 2023 14:36
To: marai...@gmail.com
Subject: Logo en vorms
Beste Francois
Hiermee die logo en vorm.
Groete
Ninette
Hiermee die stappe vir die invul van die aansoekvorm vir besprekings van ons venue(s):
1. Gaan deur en neem kennis van al die beleide, regulasies en wette aangeheg (dokumente 2 tot 9 aangeheg).
2. Vul asseblief die eerste dokument in (UFS Standard Venue Booking). Onthou om te teken by afdelings F en G op die aansoekvorm by elke kolom wat die beleid / regulasie / wet aandui om te bevestig dat dit ontvang is en van kennis geneem is. Teken ook afdeling K.
3. Skandeer en e-pos die voltooide aansoekvorm aan my terug.
(Dit is nie nodig om die beleide ens. saam terug te stuur nie, slegs die aansoekvorm – die UFS Standard Venue Booking vorm - met die nodige inligting daarop ingevul en handtekeninge waar nodig).
Ninette Pretorius
Officer: Professional Services & Concert Coordinator: Odeion School of Music
Beampte: Vakkundige Dienste & Konsertkoördineerder: Odeion Skool vir Musiek
Faculty / Fakulteit: The Humanities / Geesteswetenskappe
PO Box / Posbus 339, Bloemfontein 9300, Republic of South Africa / Republiek van Suid-Afrika+27 (0)51 401 2504
+27 (0)51 401 3782
Preto...@ufs.ac.za
University of the Free State: This message and its contents are subject to a disclaimer.
Please refer to http://www.ufs.ac.za/disclaimer for full details.