Fwd: Bedanking as koorlid

1 view
Skip to first unread message

Liesl Du Toit

unread,
Feb 1, 2022, 2:28:39 AM2/1/22
to cantando@bloem bestuur
Liewe Lizette

Baie dankie vir jou epos. Ons is regtig baie jammer om te verneem van Nico se gesondheid. Baie sterkte vir jou pad saam met hom.

Baie dankie vir jou wonderlike bydrae as koorlid. Ons gun jou hierdie belangrike besluit, al is jou weggaan ñ verlies vir ons. 

Baie liefde en seën. 
Liesl

---------- Forwarded message ---------
From: Lizette Buys <lizett...@gmail.com>
Date: Mon, 31 Jan 2022, 21:49
Subject: Bedanking as koorlid
To: <liesl....@gmail.com>


Beste Liesl/Koorbestuur

Ek het lank gewroeg oor hierdie e-pos en oor my bedanking as koorlid, want dit is vir my ñ baie moeilike besluit en die koor was vir my ñ verrykende ervaring!

My persoonlike omstandigdhede het so bietjie verander. Nico het gedurende die Dsembervakansie siek geword en hy het ñ klomp toetse ondergaan. Die are wat vernou is kan mettertyd geopereer word en kan opgelos word. 

Sy brein-skandering het egter gewys dat hy versnelde dementia het. Ek is so onseker oor die pad wat ek met hom gaan loop. Ek is nog in die dag by die skool, maar besef die aande gaan te lank word as ek nog verpligtinge het. Ek ondervind nou-al reeds dat die dae te lank is vir hom. 

Omdat ek nie voluit by die koor se aktiwiteite betrokke kan wees nie, voel ek eerder om nou eers te bedank as koorlid.

By voorbaat dankie vir jul begrip.

My beste seënwense vergesel julle.

Vriendelike groete
Lizette
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages