Goeie môre Jan en Werner,
Ek vertrou dat dit nog goed gaan met julle. Ek het gevoel om julle as deel van die Cantando-familie ook in te lig van my voorneme om na 28 Maart 2021 (die naweek van die Gariepdam koornaweek) uit te tree van Cantando@Algoa. Ek word komende Januarie DV 70 jaar oud en ek het gereken dat dit tyd is om die leisels aan ‘n jonger persoon oor te gee.
Vind hierby aangeheg Afr en Eng weergawes van die posadvertensie. Wees welkom om dit onder die aandag te bring van enige persone wat sou belangstel - ‘n mens weet nooit wie hoor by wie nie en waar daar ‘n aansoek kan uitspring nie.
Bid saam met ons dat daar ‘n geskikte opvolger gevind sal word sodat die koor steeds kan voortgaan om sy rol in die gemeenskap te vervul.
Ons sal nader aan die tyd meer volledige inligting deurgee, maar die Gariepdam koornaweek gaan nou DV ook die vorm van ‘n kuier- en groet-naweek tussen my en die drie Cantando-kore aanneem. Dit sal dus nie meer net toerlede wees wat welkom is om dit by te woon nie, maar enige oud-koorlede en koor-bekendes sou ook welkom wees. Julle is welkom om die datum solank betyds bekend te maak indien julle weet van iemand wat die naweek saam sou wou kom kuier.
Groete, allerbeste wense en ‘n mooi naweek vir julle.
Bouwer
Beste Werner
Dankie hiervoor. Dis eintlik so jammer om te hoor dat Bouwer nou gaan nie meer by aktiewe koorafrigting betrokke gaan wees nie. ‘n Groot verlies.
Terloops, Werner ons vertrou dat jy nie belangstel in die pos nie…
Groetnis
Alet
--
You received this message because you are subscribed to the Google Groups "cantandobestuur" group.
To unsubscribe from this group and stop receiving emails from it, send an email to cantandobestu...@googlegroups.com.
To view this discussion on the web visit https://groups.google.com/d/msgid/cantandobestuur/CA%2B8mXg7qZUtiAe28sNPi2MCfdGsLNqLyCi0G_KQzO4suokTgFQ%40mail.gmail.com.