Liewe Cantando vriende
Ons is by 'n baie belangrike deel van ons koorjaar! Die Algemene Jaarvergadering en verkiesing van nuwe bestuur.
Die verlengde tyd vir ons as bestuur, was 'n wonderlike voorreg. Baie dankie vir elkeen se ondersteuning oor die tydperk! Ons het baie geleer, gelag, teleurstellings beleef, mekaar se stories vol gemaak, maar bo dit alles beleef hoe cantando se stem aanhou sing het!
Die nominasies vir 'n nuwe bestuur is nou oop en nooi ons u om hierdie wonderlike geleentheid saam met Louis en die koor op te neem! U bereidwilligheid, positiewe gesindheid en gawes, gaan 'n groot bydrae maak as 'n bestuurslid! Aangeheg 'n nominasievorm, asook 'n tweede vorm wat die genomineerde asseblief moet voltooi.
Die vakante portefeuljes is vir mans en dames:
- Voorsitter
- Sekretaresse
- Finansies
- Addisionele Lid
Nominasies sluit Dinsdagaand 6 Junie 2023 na afloop van die kooroefening.
Verkiesing en Algemene Jaarvergadering is 13 Junie @ 18:30
Hartlike groete
Vriendelike groete / Kind regards
Liesl
Andries & Liesl du Toit
Bloemfontein