Nuusbrief 22 Augustus 2011

6 views
Skip to first unread message

Sanderis Maartens

unread,
Aug 22, 2011, 11:41:31 AM8/22/11
to onsstem-va...@googlegroups.com, onsstem-va...@yahoogroups.com, bravola...@googlegroups.com

Weeklikse nuus uit jou land , Bravoland . U ontvang hierdie nuusbrief deur lidmaatskap by Bravoland . Om verwyder te word vanaf die poslys kliek op Unsubscribe aan die einde van hierdie nuusbrief , om verwyder te word vanaf die poslys sal nie jou lidmaatskap by Bravoland beinvloed nie .
Uitgegee deur Die Bravolander vir die departement van Kommunikasie en Bemarking ; Republiek van Bravoland .
Besoek ons Tuisblad
by :  http://www.bravoland.co.za
Bravoland Weekblad
Kom gesels saam met ons in die Raadsaal by :  http://www.bravoland.co.za/forum

Ons is terug !!

Goeiedag Bravolanders ,
    Na paar maande se stilte vir die Bravoland Weekblad is dit aangenaam om weer met julle die Bravolanders te kan gesels . Die Republiek van Bravoland het in die tyd van stilte 'n Bravoland Volksraadsverkiesing gehad met ook 'n verkiesing van 'n nuwe Staatshoof en Adjunkstaatshoof . Dit is vir my 'n voorreg en plesier om dan die nuwe Staatshoof en Adjunkstaatshoof van Bravoland aan te kondig :
Staatshoof 
Baie geluk en sterkte aan Alwyn De Klerk

Adjunkstaatshoof
Baie geluk en sterkte aan Christa Burger

As u die nuwe hoofde wil gelukwens is u welkom om  hier  kommentaar te lewer .

Nuus in Bravoland

Bossiefees

Tyd   
Saterdag, Augustus 27 · 12:00pm - 3:00pm

Ligging   
Die Boskombuis, Kleinfontein

Meer besonderhede   
Hekke open om 12:00.
Slegs R50 Toegang.
Verskeie kunstenaars, kontantkroeg en `n lekker groot kampvuur.

Die volledige lys kunstenaars volg binne die volgende paar dae.

Aanwysings:

Neem die N4-Snelweg rigting Witbank.
Vanaf die N4 neem jy die Cullinan / Rayton / Bapsfontein-afrit.
As jy deur die tolhek (R10) is draai jy regs.
Jy sal kort daarna `n klomp aanwysingsborde sien, onder meer 'Kleinfontein' en 'Die Boskombuis.' Draai daar regs.
Die Boskombuis is kort daarna op regterhand.

Vir meer besonderhede kyk hier

Nasionale Registrasiedag

Beste registrasie-beamptes,

Die sentrale komitee van die VVK het besluit om 'n nasionale registrasie-dag te hou op 27 Augustus - ek het reeds begin rondbel, en darem al op 'n paar registrasie-beamptes afgekom wat bereid is om in te spring en die dag 'n sukses te maak in hulle verskeie dorpe.

1. Sal jy ook bereid wees om in jou dorp deel te neem aan die nasionale registrasie-dag? Laat weet my asb so gou moontlik sodat ons die logistieke reelings vir die dag agtermekaar kan kry....
2. Is jy bereid om as kiesbeampte op te tree op stemdag?

Neem asb. kennis dat die VVK e-pos adres verander het na in...@vvk.co.za - stuur in die vervolg asb. alle korrespondensie daarheen.

Vir meer besonderhede kyk hier

Nuwe Tuisblad

Bravoland het onlangs oorgeskakel na 'n nuwe voorblad vir ons webtuiste , besoek dit gerus by www.bravoland.co.za . Vir die mense wat nog onbekend is met die VVK is daar ook videos beskikbaar vir meer inligting oor die VVK ; dit is te vind in VVK Beeldmateriaal  en VVK op SABC 2 .


Verkiesing geskeduleer om plaas te vind op 23 & 24 September 2011
Fondse word benodig vir die verkiesing , vir verdere navrae kyk hier .



Advertensies :
Om advertensies in die Bravolander te bespreek besoek : http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,1231.0.html

Advertensies wat in Die Bravolander verskyn sal op rotasiebasis in Bravoland Weekblad verskyn .


Copyright © 2011 Die Republiek van Bravoland, All rights reserved.
Deur lidmaatskap by Bravoland ontvang u die nuusbrief . Geniet dit . Stuur dit gerus vir u vriende of kenisse . Indien u nie meer op die poslys wil verskyn nie ; kliek op Unsubscribe aan die einde van die nuusbrief ; dit sal nie u lidmaatskap in Bravoland beinvloed nie .
Our mailing address is:
Die Republiek van Bravoland
Pretoria, Gauteng -

Add us to your address book

Email Marketing Powered by MailChimp


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages