Die Afrikanerfront het egter met waardering kennis geneem van die feit
dat die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) dit uitdruklik aan Zuma
gestel het dat ‘n beduidende deel van die Afrikanervolk nie daarin
belangstel om in een staat met die ANC-president te woon nie, en dat
die Afrikaner sy eis op selfbeskikking nooit sal laat vaar nie.
Tydens die Afrikanerfront se vergadering wat Saterdag in Pretoria
plaasgevind het, is besluit om solank ‘n uitvoerende gesag daar te
stel wat Afrikaners se belange kan bevorder. Verskillende Direktorate
sal binne die volgende twee maande gevestig word, waaronder ‘n
Direktoraat vir Volksonderwys, ‘n Direktoraat vir Volksveiligheid, ‘n
Direktoraat vir Volksekonomie en verskeie ander.
Sodra die VVK sy Volksraadsverkiesing suksesvol afgehandel het, sal
dit die wetgewende gesag uitmaak wat dan saam met die uitvoerende
gesag sal werk, wat nou reeds in plek gestel word.
Daar is ook besluit dat Afrikaner studente op die tradisioneel
Afrikaanse universiteite, saamgesnoer sal word in ‘n nuwe Afrikaner
Studente-organisasie wat hulle sal bystaan met sake wat vir hulle van
belang is.
Henk van de Graaf
Sekretaris