More
Soos julle seker weet het die periode waarop ek afslag op my boek
gegee het gister, 25 Mei 2011, verstryk en is die boek nou weer teen
die gewone prys van R270 (pos gelde uitgesluit) beskikbaar via my
webblad by
http://botes-stamboom.weebly.com/bestel-die-boek.html.
Onthou ook om asb vir my julle familie info te stuur, die wat dit nog
nie gedoen het nie.
Ek nooi elkeen van julle uit om jou familie info vir my aan te stuur
sodat ek my bestaande data daarmee kan aanvul en bywerk vi rmy opvolg
boek waarmee ek tans besig is.
Betrek ook asb julle familie en laat weet hulle van my boek asook die
info wat ek van julle benodig. Ek poog om soveel as moontlik Botese
te betrek om my boek aan te koop asook data met my te deel. Die boek
wil ek in soveel as moontlik Botes families se hande plaas sodat ons
geskiedenis ook vir die nageslagte bewaar kan word.
Kom deel asb julle familie stories hier met die groep, wie weet dalk
prikkel jou storie iemand anders en op die manier kan ek waardevolle
info versamel wat ek kan gebruik in die toekoms.
Groetnis en hoop om binnekort van elkeen van julle te hoor.
Willie Botes