More almal
Ek wil julle net herinder daaraan om julle opgedateerde familie info
vir my te stuur asb.
Julle kan dit op een van vier maniere doen :
1. Gebruik die vorms op my webblad by
http://botes-stamboom.weebly.com/informasie-vorms.html
2. Stuur vir my e-pos na
best-opp...@multisure.co.za
3. Plaas julle info op hierdie Google groep, maak asb net seker dat
julle dit volledig plaas met al die datums, name, plekke en geboorte,
huwelik en sterf.
4. Plaas julle info op my Botes Stamregister forum by
http://botesstamregister.createaforum.com
Die van julle wat nog van my boeke wil bestel is ook welkom aangesien
ek nog boeke beskikbaar het - ek het ook besluit om my boek vir die
volgende twee maande op afslag beskikbaar te stel teen slegs R220 per
eksemplaar posgelde uitgesluit. Die oorspronklike prys is R270 dus
spaar jy R50 of dan 18%.
Nooi asb julle familie lede om ook te rergistreer by my groep sodat
ons soveel as moontlik Botes families kan betrek om saam te gesels.
Ek poog dus om soveel as moontlik Botes te betrek sodat ek meer detail
familie info kan bekom om my huidige boek se data kan aanvul en
uitbrei. Kom ons kyk of ons hierdie een van die grootste Botes
groepe in die wereld kan maak.
Julle info is dus van onskatbare waarde vir my. Deel ook asb stories
en familie oorvertellings met my aangesien dit my info net meer
vollediger sal maak.
Groetnis en hoop om van julle te hoor
Willie Botes