Fw: Bye

2 views
Skip to first unread message

Robert Post

unread,
Nov 17, 2014, 2:10:52 PM11/17/14
to Bee...@googlegroups.com, beeremo...@googlegroups.com
 
----- Original Message -----
Sent: Monday, November 10, 2014 11:12 AM
Subject: Bye

Goeiemore Robert

Ek het jou adres in die jongste "Platteland" gekry. Ek woon in die Strand 

Daar het so 'n jaar gelede 'n swerm bye onder die vloer van my Wendyhuis in die tuin ingetrek.  Ek het hulle maar daar gelos want hulle het my nie gepla  nie.  Ek kan sonder probleme in en uit by die deur (ek doen dit maar so stil as moontlik!), maar ek lees in die naweek se Die Burger dat die Weskaapse byeboere bekommerd is oor die "vuilbroed" virus wat 'n probleem is en dat bye boere vervolg kan word as hulle dit nie aanmeld nie. Ek is tegnies gesproke nie 'n bye boer nie, maar wil net weet wat my te doen staan asb?
  
Ek wil nie die bye vernietig nie, maar die kant waar hulle ingang is, is 'n meter weg van die muur tussen ons en die bure, en in die Woongids van Saterdag was daar juis 'n artikel oor as "jou" bye die buurman aanval, jy verantwoordelik kan wees vir enige eise wat hy/sy mag instel.  

Daar moet ook seker heelwat heuning wees want mens kan die heuning somtyds ruik.
Ek het al gewonder of as 'n byeboer 'n korf langs hulle ingang by die Wendyhuis kom neersit, of hulle daarin sal trek. Dan kry hy 'n gratis swerm bye!  

Laat weet maar asb wat die beste sal wees.

Baie dankie

Groete

Eric Prinsloo
072 893 2984 





Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages