Goeiemore aan almal
Vind aangeheg die eerste proewe vir die Mei 2023 program.
Hieronder is ook ‘n ontwerp vir die uittrek banier – dit is op dieselfde patroon ontwerp as “goues” van 2019.
Julle insette, veranderings en/of korreksies sal baie waardeer word.
Gaan die verskillende tekste asb noukeurig na, inhoudelik en wat ontwerp betref.
Groetnis
Alet
From: shaun munro <shaun...@gmail.com>
Sent: Monday, May 15, 2023 3:40 PM
To: Alet Olivier <apol...@mweb.co.za>
Subject: Re: cantando@bloem program ontwerp

Hi Alet
Hier is die nuwe proewe soos bespreek
groete
Shaun
On Thu, May 11, 2023 at 6:40 PM shaun munro <shaun...@gmail.com> wrote:
On Wed, May 10, 2023 at 5:40 PM Alet Olivier <apol...@mweb.co.za> wrote:
Goeiemiddag Shaun
Uiteindelik het ons die inhoud van die program vir ons optrede op 28 Mei gefinaliseer.
Ek stuur vir jou 4 dokumente aan:
- Inligting vir die voorblad (met die grafiese ontwerp soos op die elektroniese plakkaat)
- Die binneblad op die A4 landskap format (wat na A5 gevou word). Die voorstel is dat die agtergrond basis wit moet wees met swart letters, sodat die gehoor die maklik kan lees. Jy kan besluit of daar ‘n raam/randmotief kan wees wat by die voorblad aanpas.
- Die Agterblad met bedankings en die logo’s. Jy kan besluit watter agtergrond daar van toepassing is en of jy die tema van die voorblad gaan voortsit.
- Dan gaan daar ‘n los binneblad wees met die koor se geskiedenis en ons nuwe dirigent se CV. Ek stel ook voor ter wille van leesbaarheid dat dit net wit moet wees, of met ‘n rand/raam soos die middelblad.
Laat weet asb of my aanduidings duidelik genoeg is, anders skakel ek om dit uit te klaar.
Het jy my WA boodskap gekry oor die “pull-up” banier? Sal jy vir ons dieselfde ontwerp as wat jy in 2019 met die “goud”-motief gedoen het, maar nou met die cantando@bloem se amptelike kleure: blou, rooi en swart op wit agtergrond – het jy nog ‘n voorbeeld van ons kleur logo?
Stuur asb ‘n kwotasie vir die ontwerp van die uittrek banier.
Ek hoor graag van jou in die verband.
Vriendelike groete
Alet
--
You received this message because you are subscribed to the Google Groups "cantandobestuur" group.
To unsubscribe from this group and stop receiving emails from it, send an email to cantandobestu...@googlegroups.com.
To view this discussion on the web visit https://groups.google.com/d/msgid/cantandobestuur/000001d987c7%24d46dd630%247d498290%24%40mweb.co.za.
Beste Alet
Baie dankie vir die moeite met die program en banier. Ek steun die ander kommentare en het self geen verdere kommentaar nie. Die banier lyk ook uitstekend vir my! Alles lyk regtig baie mooi; ek sien uit na die gedrukte weergawe van die program en die banier in finale uittrekformaat.
Vriendelike groete.
Francois
--
Goeiemore almal
Baie dankie vir julle almal se vinnige terugvoer oor die program.
Ek sal die laaste proefkopie wel deurstuur nadat Shaun die veranderinge aangebring het.
Ek aanvaar dus dat ek kan voortgaan met die maak van die 2 uittrek baniere soos goedgekeur en tydens ons vergadering bespreek.
Groetnis
Alet
More Alet
Baie dankie vir die inligting. Ek is van mening dat jy gerus kan voortgaan soos uiteengesit.
To view this discussion on the web visit https://groups.google.com/d/msgid/cantandobestuur/000001d98886%24777e2050%24667a60f0%24%40mweb.co.za.
To view this discussion on the web visit https://groups.google.com/d/msgid/cantandobestuur/000001d98886%24777e2050%24667a60f0%24%40mweb.co.za.