Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Oor menseregte in Kanada

1 view
Skip to first unread message

Dave

unread,
May 11, 2008, 5:33:36 AM5/11/08
to

Vir die wat nuuskierig is oor menseregte in Kanada
kliek hier:

http://tinyurl.com/4bz4s7

Dave

unread,
May 12, 2008, 9:40:36 AM5/12/08
to


Wat sou die rede wees vir geen terugvoering hier nie?
Werk die verkorte link nie? wil julle 'n langer een hę?


Riaan

unread,
May 13, 2008, 2:52:56 AM5/13/08
to

"Dave" <da...@durbs.koza> wrote in message
news:33ig24lvtbsnef32r...@4ax.com...


Dave het jy 'n geheu soos 'n olifant, of het jy toevallig op die stukkie
afgekom toe jy in die argiewe gaan rondkrap het


Torreke

unread,
May 13, 2008, 6:09:28 AM5/13/08
to

"Riaan" <wrote

> Dave het jy 'n geheu soos 'n olifant, of het jy toevallig op die stukkie
> afgekom toe jy in die argiewe gaan rondkrap het

Ek het nie dadelik gaan lees nie totdat ek hierdie reaksie van Riaan gesien
het. Toe dink ek dis so waardevol dat mens die teks hier moet aanhaal.
As mens 'n bietjie laaaaank in die tand en laaank in die getuiebank is,
vergeet jy later wat jy alles kwytgeraak het. Dit kan moeilikheid afgee.

Ek wonder net waarom is daar so 'n dawerende stilte uit Kanada. Of is die
antwoord vanselfsprekend?

Leendert,
Moenie weer Don Quixote speel en vir my probeer
aanval omdat jy dink ek dink Kanada is so 'n wonderlike
plek met so 'n wonderlike rekord nie. Ons het hierheen
gekom (toe ons besluit het dat ons nie in SA meer wou bly
nie,) omdat my man voorheen hier studeer het, en omdat
die lekkerste ding van Kanada is dat dit deel van die Noord-
Amerikaanse kontinent is. Jy kan jou kar vat en suid ry tot
daar waar daar jakarandas is, en weswaarts tot waar daar
die wonderlikste berge is, en halfwoestyndele wat net so
lyk soos daar waar ek in die Noordkaap grootgeword het.
Wat menseregte betref, is die rekord van die setlaars
van Europa miskien nog slegter as in Afrika. Hoekom is
daar geen Eerste Nasies in Newfoundland nie? Hulle het
die laaste een, 'n vrou, uit die heuwels uitgelok, en haar toe
ook doodgeskiet. Op die oomblik is Amnesty International,
opposisiepartye en kerke besig om te vra vir 'n openbare
ondersoek na die Ipperwash-insident twee jaar gelede. Daar
het Ontario Provincial Police geskiet op lede van 'n First
Nation band wat geprotesteer het teen die integrasie van een
van hulle tradisionele begraafplase in 'n nuwe provinsiale
park. Dudley George is doodgeskiet. Die regering het gesę
hy was gewapen. Dit blyk onwaar te wees. Dit blyk ook dat
die polisie bevele direk uit die hoogste vlakke van die regering
gekry het om geweldadig op te tree.
So skend ons menseregte hier in Ontario.


Gloudina


Dave

unread,
May 13, 2008, 7:14:57 AM5/13/08
to
On Tue, 13 May 2008 08:52:56 +0200, "Riaan" <Ri...@notvalid.co.za>
wrote:


he he... ek het daaraan gedink dat die groep soos 'n klein hondjie is
wat brandewyn gevoer is. Of soos 'n dwergie wat by Boswell sirkus werk
en op 'n leer staan wanneer hy sy vrou soen. En nooit groei nie.

Toe onthou ek van toeka se name en gaan loer bietjie daar. Net soos
mens partykeer ou fotoalbums deurkyk. Dit was 'n verassing om te sien
hoe lank jy al deel is van die groep.

... en toe... kom ek af op dié inligting wat daarna in gepoogde
verswyging gehul was:-)

Hessie

unread,
May 13, 2008, 7:22:58 AM5/13/08
to
"Torreke" skryf

> Ek wonder net waarom is daar so 'n dawerende stilte uit Kanada.

Torreke, jy wat tot in 1994 gestem het vir 'n
regering wat een van die slegste rekords van
mensregteskending in die moderne wêreld
bedryf het, behoort tjoepstil te bly.
Jy sit ook altyd met al hierdie geykte
opinies in jou kop oor alles en nog wat. Ek
was nog nooit stil oor watter rol jou en my
voorsate uit Europa hier in Noord-Amerika
gespeel het nie. Anders as jy, wat heeltyd
verskonings vind vir hulle misdrywe.
Gelukkig is Kanada nie net 'n land
van setlaars uit Europa nie, maar ook van
talle Eerste Nasies. Gelukkig word die
invloed van die setlaars uit Europa jaar
na jaar minder intens, soos Kanada meer
en meer mense van oral op die aardbol
integreer.
Terloops, Torreke, ek het gedink
jy gaan my ignoreer. Jy ken blykbaar
nie die betekenis van die woord "ignoreer"
nie.

Gloudina

Dave

unread,
May 13, 2008, 7:29:41 AM5/13/08
to
On Tue, 13 May 2008 12:09:28 +0200, "Torreke" <tor...@hotmail.co.uk>
wrote:

>park. Dudley George is doodgeskiet. Die regering het gesê


>hy was gewapen. Dit blyk onwaar te wees. Dit blyk ook dat
>die polisie bevele direk uit die hoogste vlakke van die regering
>gekry het om geweldadig op te tree.
> So skend ons menseregte hier in Ontario.
>
>
> Gloudina
>

Jy kon ook Leendert se reaksie bygevoeg het

>>>'En sê my, Gloudina, het julle ook ophou Engels en Frans in die huis praat
>>> in reaksie op die menseregterekord van jou aangenome vaderland?'

Internet Police

Riaan

unread,
May 13, 2008, 8:04:19 AM5/13/08
to

"Dave" <da...@durbs.koza> wrote in message
news:qbqi24dmlod0dgdr8...@4ax.com...

> On Tue, 13 May 2008 08:52:56 +0200, "Riaan" <Ri...@notvalid.co.za>
> wrote:

. Dit was 'n verassing om te sien hoe lank jy al deel is van die groep.

Ek het die groep ontdek toe ek nog deeltyds geswot het, en opsoek was na 'n
oplossing vir 'n rekenaar program wat ek besig was om te skryf. Iemand het
my toe in die rigting van News Groups gestuur.

Ek onthou ek was nog lekker jonk en stupid, en moet erken ek het al baie
dinge hier kwytgeraak waaroor ek myself bloedrooi geskaam het na die tyd.
Maar dit is mos maar die lewe, ervaring kom soms met 'n gesukkel.


Dave

unread,
May 13, 2008, 8:19:48 AM5/13/08
to
On Tue, 13 May 2008 14:04:19 +0200, "Riaan" <Ri...@notvalid.co.za>
wrote:

Eintlik het ek vreeslik min gelees, net bietjie name gelees ens.
En Leendert was voor ek hier angeland het, reeds dik vir die groep en
weg. Hom het ek dus nie geken nie, en so hier en daar gelees en toe op
die beskrywing van die miskenning van menseregte in Kanada, afgekom.
Dit is al wat onthoubaar was, en ek het dit ook net onthou omdat ek
dit geboekmerk het.

Torreke

unread,
May 13, 2008, 9:32:44 AM5/13/08
to

"Hessie" <skryf

Terloops, Torreke, ek het gedink
jy gaan my ignoreer. Jy ken blykbaar
nie die betekenis van die woord "ignoreer"
nie.


Ek het nie met jou gepraat nie!!!! Ek het met Dave en Riaan gepraat!!!

Dave

unread,
May 13, 2008, 9:45:45 AM5/13/08
to
On Tue, 13 May 2008 15:32:44 +0200, "Torreke" <tor...@hotmail.co.uk>
wrote:

Dit was presies wat ek onmiddelik aan gedink het, en begin skryf het,
en nie gepos het nie:-)

Hessie

unread,
May 13, 2008, 5:32:11 PM5/13/08
to
"Torreke" skryf

Nee, Torreke, dis nie wat die woord "ignoreer"
beteken nie. As jy my wil ignoreer, moet jy
nie net nie met my praat nie, maar jy moet
ook nie van my praat nie. Kom ons kyk nou
of jy dit kan doen, soos 'n man. Anders is
jy maar ook net 'n ou tannie, soos sommige
van jou mede-kloekende oor-Gloudina-praat-
verslaafdes.

Gloudina, die persoon en nie die onderwerp nie.

Jim Again...

unread,
May 13, 2008, 5:55:25 PM5/13/08
to
On May 13, 1:22 pm, Hessie Oubiets Bou...@rogers.com> wrote :

>  "Torreke" skryf
>
> > Ek wonder net waarom is daar so 'n dawerende stilte uit Kanada.
>
>       Torreke,  ...Gelukkig word die

>       invloed van die setlaars uit Europa jaar
>       na jaar minder intens, soos Kanada meer
>       en meer mense van oral op die aardbol
>       integreer.
>      
>
>        Gloudina

Dônner, ou biets, eers lieg jy jouself (al weer) vas,
en nou hoef ons net rustig te sit en wag totdat die
hordes "agtergeblewenes" jou oulike land ook oor-
stroom en beswerm - sodat hulle jou (en jou gesin)
kan 'swamp' en opdonner... en julle 'n voorsmakie
van die geliefde "Afrika-kultuur" kan verskaf...

Met integrasie kom 'n hoë prys...

En alle grootbek liberaliste kry 'n beurt...

Jim

Dave

unread,
May 14, 2008, 2:50:24 AM5/14/08
to
On Tue, 13 May 2008 14:32:11 -0700 (PDT), Hessie <bou...@rogers.com>
wrote:

Torreke kan natuurlik op dieselfde aandring, Antie.
*Jy kan nie wil aanmerkings maak oor hom en verwag dat hy moet stilbly
nie. Jy bewys jou vrees vir hom en vir wat hy sę.
Ek dink, jy lag in jou mou en dan sę jy vir die een langs jou dat jy
hulle wat nie meer met jou wil praat nie, weer uitgelok het tot 'n
gesprek. Maar jy sę nie dat jy vrae omseil nie.

Dit wat ek aangehaal het van jou is in 1997 gsę, en tňe was dit al
reeds holrug gery deur jou. Al het jy nie wiskunde gedoseer nie, en al
was jy net in swart skole toegelaat, sal jou kelkielyter vir jou sę
dat dit nou 11 jaar later is, en steeds haak jy vas haak jy vas haak
jy vas... Voel jy nie vervelig nie (lw ek het nie gesę verveeld nie
maar vervelig).

BTW, wil jy nie vir Leendert nou antwoord op sy vraag nie
>>>'En sę my, Gloudina, het julle ook ophou Engels en Frans in die huis praat

Torreke

unread,
May 14, 2008, 3:25:44 AM5/14/08
to

"Hessie" <skryf

Ek het die volgende vir jou gesę:

"Jy't nie die vermoë om buitekant jou klein boksie te dink nie...
Jy't nie die vermoë om 'n muntstuk om te draai en na die ander kant te
kyk
nie...
Jou brilletjie het konkawe lensies - dit kan net binnetoe kyk en gee jou
tonnelvisie...

Voor jy weer met my probeer gesels, gaan besoek 'n oogkundige en laat hy
vir
jou 'n beter bril voorskryf."

En later oor jou vir Dave:

"Ek het vir die Antie gesę om van haar oë te laat toets, want sy't 'n
bril
met konkawe lensies wat haar tonnelvisie gee. Die dag wanneer sy my
oortuig
dat sy bereid is om ook die ander kant van die munt te sien - dat sy
terug
kan staan en kan insien dat, om Ferdi se woorde te gebruik, Vorster se
rassisme drek was en dat die ANC s'n steeds drek is - daardie dag sal ek
bereid wees om weer met haar te praat. En ek dink Ferdie ook!"

So, ek het nie gesę dat ek nooit weer met jou sal praat of oor jou sal praat
nie.

Jy het tot dusver NIKS gesę om my opinie oor jou tonnelvisie te verander
nie, inteendeel jy bevestig dit elke keer. Jy't ook nog NIKS gedoen om my
te oortuig dat jy nie met dubbele mate meet nie.

Hier's nog voorbeelde uit jou vorige pos:

"....jy wat tot in 1994 gestem het vir 'n


regering wat een van die slegste rekords van

mensregteskending in die moderne węreld


bedryf het, behoort tjoepstil te bly."

Jy't gerieflik vergeet dat jy vir daardie selfde regering se Roelfie gesę
het al jou hoop is op hom gevestig!!!

Daardie regering met sy swak menseregte-rekord, het dit erken - Dit kos 'n
persoon mert murg in sy pype om sy foute te erken en iets daaraan te doen! -
maar jou ANC het nie een van hulle menseregtevergrype erken nie. Thabo
Mbeki het voor die waarheids- en versoeningskommissie gesit en die aanvalle
op burgerlike teikens verdedig! Niemand is tot vandag toe vir die vergrype
in Kamp Quatro vervolg nie. Hy't verlede Vrydag blatant gesę dat hy Robert
Mugabe ondersteun.

"Anders as jy, wat heeltyd
verskonings vind vir hulle misdrywe."

Ek daag jou uit: Bewys hierdie stelling!!!!

So, Antie Knypbrilletjie van die Eenoog Republiek, druk maar jou simpel
uitdagings so diep in as wat jy dit kan inkry...

Die Tor!

Hessie

unread,
May 14, 2008, 7:12:18 AM5/14/08
to
"Torreke" skryf

> Jy't gerieflik vergeet dat jy vir daardie selfde regering se Roelfie gesê


> het al jou hoop is op hom gevestig!!!

En waar sit Roelfie nou? Sover ek kan onthou,
op die banke van die ANC?
Ek sien jy het weer begin "praat" met
my. Kon jou nie inhou nie, nè? Kan dit nie
help nie. Moet aangaan soos 'n torretjie
wat woer-woer in die lug.

Gloudina

Torreke

unread,
May 14, 2008, 11:05:15 AM5/14/08
to

"Antie Knypbrilletjie van die Eenoog Republiek" <skryf

sien jy het weer begin "praat" met

my. Kon jou nie inhou nie, nč?

Nee wat, jy probeer maar weer net jouself vlei.

0 new messages