Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Die Afrikaanse Taal -- J. Lion Cachet (1838-1912)

1 view
Skip to first unread message

Izak Bouwer

unread,
Jan 2, 1996, 3:00:00 AM1/2/96
to
Die Afrikaanse Taal
J. Lion Cachet (1838-1912)

Ek is ‘n arme Boerenoi,
By vele min geag;
Maar tog is ek van edel bloed,
En van ‘n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom
Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar die druiftros swel,
Myn liewe, mooie ma.

Hul skel my uit vir Hotnotsmeid,
Maar ek gee daar nie om;
Want aan myn lippies kan jy sien
Van wat geslag ek kom.
Soet vloei die woordjies uit myn mond;
Dit het ek van my ma;
Maar as ek bid, dan hoor jy wel,
Ek is ‘n kind van pa.

Myn sussie wat uit Holland kom,
Die hou verniet haar groot:
Die lug is alte skerp vir haar,
Sy is al amper dood.
Die dokters kom nou bymekaar,
Hul maak tesaam ‘n “Bond”;
Maar tog met al die doktery
Word sy nooit weer gesond.

Myn niggie met haar stywe nek,
Die loop in rooi satyn;
En baing jonkmans loop haar na;
Sy denk hier baas te syn.
Maar as die awenduurtjie kom,
Dan is die klomp by my:
Dis “hartjie” voor en “hartjie” na:
“Laat ons ‘n bietjie vry!”

As ek maar eers myn vryer het,
‘n Digter vol van moed;
Een wat my om myself bemin,
En nie maar om myn goed;
Wanneer die vryer tot my kom,
Vat ek hom by die hand,
En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
Nog koning in die land.

Want ek het onder in myn kis
‘n Ware towerstaf,
Wat ek nog van myn ouma het,
En niemand weet daaraf.
Hef ek die staf op, “Moedertaal”,
Dan volg die land my na:
En ek is netnou koningin
Van heel Suid-Afrika!



JJ Swanepoel

unread,
Jan 6, 1996, 3:00:00 AM1/6/96
to
Geagte mnr. Bouwer,

Ek het met belangstelling gemerk dat u Afrikaanse gedigte op die
Internet geplaas het. Stuur asseblief meer besonderhede oor Hoeveel, Waarom
en Rede. My skermposnommer is j...@socdyn.hsrc.ac.za.

Met vriendelike groete

Johann Lodewyk Marais
,

Koos

unread,
Jan 7, 1996, 3:00:00 AM1/7/96
to
im...@iafrica.com (JJ Swanepoel) wrote:

<<<"Geagte mnr. Bouwer,

" Met vriendelike groete

" Johann Lodewyk Marais>>>>

Ek doen dit ook soms. My redes is: Ek hou van gedigte en van
Afrikaanse gedigte en van die deelnemers aan die forum wat oorsee is
(Suid-Afrikaners sowel as nie-Suid-Afrikaners) het al die wens
uitgespreek om weer van die klassieke Afrikaanse gedigte onder oe te
kry.
Hulle het nie die bundels nie en dis waarskynlik moeilik om dit oorsee
te koop.

Lorinta Zonia

unread,
Jan 15, 1996, 3:00:00 AM1/15/96
to
im...@iafrica.com (JJ Swanepoel) wrote:

>Geagte mnr. Bouwer,

> Ek het met belangstelling gemerk dat u Afrikaanse gedigte op die
>Internet geplaas het. Stuur asseblief meer besonderhede oor Hoeveel, Waarom
>en Rede. My skermposnommer is j...@socdyn.hsrc.ac.za.

> Met vriendelike groete

> Johann Lodewyk Marais


Beteken die bostaande dat ons wat hier in die buiteland sit nou nooit
weer Opperman gaan lees nie?

Lyn


0 new messages