Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
om hulle tot ander insigte te bring.
Groete
Deon Meyer
Is daar 'n wet wat se hulle moet Afrikaans praat of skryf? Indien nie,
kan hulle mos doen wat hulle wil. Die lewe is te kort om fanaties te
wees. Dis ook nie die moeite werd nie, want dis gebaseer op
(hoofsaaklik ongegronde) vrese vir iets anders. Daar is veel beter
dinge om mens mee besig te hou.
Groete
Koos
<<>Is daar 'n wet wat se hulle moet Afrikaans praat of skryf? Indien
nie,
>kan hulle mos doen wat hulle wil. Die lewe is te kort om fanaties te
>wees. Dis ook nie die moeite werd nie, want dis gebaseer op
>(hoofsaaklik ongegronde) vrese vir iets anders. Daar is veel beter
>dinge om mens mee besig te hou.>>>
Heeltemal korrek.
Net so vry soos kliente is wat Afrikaans verkies om na 'n ander bank
te gaan wat Afrikaans met hulle praat.
Net so vry soos kliente is wat Afrikaans verkies om e-mail te stuur en
dit te vra.
By the way ou China, ek was Koos lank voor jy Koos probeer wees het
op die nuusgroep.
In Article<32e3ae76....@ct-news.iafrica.com>,
<cvb...@burger.naspers.co.za> writes:
> >Hallo almal
> >
> >Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
> >tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
> >
> >'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
> >om hulle tot ander insigte te bring.
> >
> >Groete
> >
> >Deon Meyer
> >
>
>
>
> Is daar 'n wet wat se hulle moet Afrikaans praat of skryf? Indien nie,
> kan hulle mos doen wat hulle wil. Die lewe is te kort om fanaties te
> wees. Dis ook nie die moeite werd nie, want dis gebaseer op
> (hoofsaaklik ongegronde) vrese vir iets anders. Daar is veel beter
> dinge om mens mee besig te hou.
>
> Groete
>
> Koos
Koos
So as ons almal nou vir ABSA 'n email will stuur kan ons mos as ons wil! Hulle
kan dit of ignoreer as hulle wil. Dit is mos ons reg dan nie? En dis ook hulle
reg dan nie! Moenie so ou nat kombers wees nie!
Cheers
Lou
koos wrote:
>
> On Sat, 18 Jan 1997 11:12:32 +0200, d...@iafrica.com (Sanlam) wrote:
>
> >Hallo almal
> >
> >Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
> >tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
> >
> >'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
> >om hulle tot ander insigte te bring.
> >
> >Groete
> >
> >Deon Meyer
> >
>
> Is daar 'n wet wat se hulle moet Afrikaans praat of skryf? Indien nie,
> kan hulle mos doen wat hulle wil. Die lewe is te kort om fanaties te
> wees. Dis ook nie die moeite werd nie, want dis gebaseer op
> (hoofsaaklik ongegronde) vrese vir iets anders. Daar is veel beter
> dinge om mens mee besig te hou.
>
> Groete
>
> Koos
Daar is 'n wet wat se dat hierdie land 11 amptelike landstale het en dan
is daar 'n bepaling (grondwet) wat reken dat die agtergeblewenes se tale
moet opgegradeer word tot dieselfde vlak binne die sameleweing as wat
Afrikaans en Engels voorheen gehad het en dat die bestaandes dus nie
benadeel moet word nie. ABSA is besig om sy Afrikaans agter te laat ten
koste van Engels.
Ek stem saam - ABSA moet 'n slag weer onder druk geplaas word, veral die
Volkskaskant is besig om sy Afrikaanse kliente te misken.
Groetnis
Vollie
>Is daar 'n wet wat se hulle moet Afrikaans praat of skryf? Indien nie,
>kan hulle mos doen wat hulle wil. Die lewe is te kort om fanaties te
>wees. Dis ook nie die moeite werd nie, want dis gebaseer op
>(hoofsaaklik ongegronde) vrese vir iets anders. Daar is veel beter
>dinge om mens mee besig te hou.
Ek voel soos Deon. Dis vir my lekker as iemand my taal gebruik wanneer ek
die klient is. Hierdie lekkerte is nie 'n wet nie, nie fanaties nie, die
moeite werd en nie gebou op vrees nie. Die dag as lekker dinge nie meer
goed is nie, kan ons maar handdoek ingooi.
Nee wat Koos, jou gepraat het nie op my betrekking nie.
Beste wense aan al die mense.
At de Lange
>By the way ou China, ek was Koos lank voor jy Koos probeer wees het
>op die nuusgroep.
Dis nogal moeilik om met die twee Koose tred te hou. Dit kos 'n gekyk na
epos adresse en 'n oproep van assosiasies voordat jy die Koos kan plaas.
Dit laat my dink hoe moeilik dit is om met twee kose tred te hou, een
waarvan die oor eefens na regs is en die ander een waarvan die oor
definitief na links is.
Ek stel voor dat die eerste Koos homself sal afteken met Koos I en die
tweede Koos met Koos II.
Beste wense aan al die mense
At de Lange
amde...@gold.up.ac.za wrote in article
<amdelange.3...@gold.up.ac.za>...
> In article <32e36b96...@hermes.is.co.za>
> fe...@is.co.za (Koos) writes:
>
> >By the way ou China, ek was Koos lank voor jy Koos probeer wees het
> >op die nuusgroep.
>
> Dis nogal moeilik om met die twee Koose tred te hou. Dit kos 'n gekyk na
> epos adresse en 'n oproep van assosiasies voordat jy die Koos kan plaas.
>
> Dit laat my dink hoe moeilik dit is om met twee kose tred te hou, een
> waarvan die oor eefens na regs is en die ander een waarvan die oor
> definitief na links is.
>
Dit laat my dink aan 'n ou Afrikaner gewoonte wat feitlik heeltemal, in die
stad in elk geval, uitgesterf het -- die gee van byname, en 'naam
aanpassings' om mense met dieselfde naam te onderskei. Dit het mos saam met
die 'hand-me-down' name waarvoor die mense so lief was gegaan. Dus was daar
in een familie Piet Kaalkop, Piet Dominee, Piet Biltong (die lang, maer
een) en Piet Spek.
So nou moet ons maar praat van Koos Links en Koos Regs.
****
Miskien moet iemand die volgende se betekenisse neerskryf en vir 'n
taalmuseum stuur, want dis terme wat gaan uitsterf, without a whimper, I
might add.
Kafferboetie
Pluraal
Bosbefok, of bossies
Totale aanslag
lokasie
dompas (vernoem na die man wie se gesig nog in pretoria se middestad pryk)
>By the way ou China, ek was Koos lank voor jy Koos probeer wees het
>op die nuusgroep.
>
>
>
>
>
Ja nee, ek sien nou hier is een troon op die mishoop. Jammer, ek het
nie probeer om van jou glans te steel nie. Ek dog daar is meer as een
Koos in die wereld. Noem my voortaan maar kakkies.
Groete
Koos kakkies
>By the way ou China, ek was Koos lank voor jy Koos probeer wees het
>op die nuusgroep.
>
Ja toe, "koos kakkies", spel tog jou naam uit man,
jy maak ons almal deurmekaar. Of maak dit sommer net "kakkies".
By voorbaat dank.
Vriendelike groete.
<<< Noem my voortaan maar kakkies.>>>
You said it, ou Kakkies.
: Koos <fe...@is.co.za> wrote in article
: <32e36b96...@hermes.is.co.za>...
: > On Mon, 20 Jan 1997 17:49:15 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za (koos)
: > wrote:
: >
: > <<>Is daar 'n wet wat se hulle moet Afrikaans praat of skryf? Indien
: > nie,
: > >kan hulle mos doen wat hulle wil. Die lewe is te kort om fanaties te
: > >wees. Dis ook nie die moeite werd nie, want dis gebaseer op
: > >(hoofsaaklik ongegronde) vrese vir iets anders. Daar is veel beter
: > >dinge om mens mee besig te hou.>>>
: >
: > Heeltemal korrek.
: > Net so vry soos kliente is wat Afrikaans verkies om na 'n ander bank
: > te gaan wat Afrikaans met hulle praat.
: > Net so vry soos kliente is wat Afrikaans verkies om e-mail te stuur en
: > dit te vra.
: >
: > By the way ou China, ek was Koos lank voor jy Koos probeer wees het
: > op die nuusgroep.
: >
: >
: Ek het nie 'n probleem as alby ouens hulself Koos wil noem nie.
: (Slegs een inskrywing in the kill file :-)
: groente
: J
Is daar nog 'n Dries wat hier erens 'lurk'? Onthou net, china, ek was eerste
Dries!
Dries
: Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
: tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
: 'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
: om hulle tot ander insigte te bring.
: Groete
: Deon Meyer
Deon,
Daar moet sekerlik iets fout wees, want my ABSA tuisbankdiens op Beltel is
in Afrikaans, en bied trouens die keuse van taal aan. Miskien is hulle goed
op die Web nog nie vertaal nie? Het jy al navraag by hulle gedoen?
Ek sien jy skryf SANLAM as jou site, baie van die goed wat ek deesdae van
SANLAM kry is ook net in Engels, en ek praat nie van gemorspos nie, maar
goed wat aan my persoonlik gerig is. Gaan vee gerus eers voor jou (julle)
eie deur.
Groetnis,
Dries
<<>Is daar nog 'n Dries wat hier erens 'lurk'? Onthou net, china, ek
was eerste
>Dries!>>>
En as daar nog twee opdaag, wat gaan jy se?
Dries te veel?
Ek dink Koos was nou lank genoeg Koos, en dis hoekom daar 'n nuwe Koos
aangesluit het. Dit is duidelik dat Koos genoeg ervaring en kundigheid as 'n
Koos opgedoen het om na 'n hoër vlak bevorder te word, strepe te kry en 'n
nuwe rang --
Iets wat nogtans rym met - Koos? :-)
Groete, Leendert
>On Fri, 24 Jan 1997 10:22:41, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
>Oostrum) wrote:
><<>Iets wat nogtans rym met - Koos? :-)
>>
>>Groete, Leendert>>>
>'n Ou grap.
>Probeer jy "doos" se?
Jy kry die boodskap.
Maar daar is ook ander moontlikhede.
>Maar jy kan dit nie uitkry nie want jy moet nog Sondag kerk toe ook en
>so aan....
>As jy my wil vloek, dis koel. Maar jy moet die guts he om dit te
>se. Reguit te se.
Tjk tjk tjk... "Trap oor die streep!!" (Kortmou hemp se kort mou word opgerol)
>(Is die vloekery op my nou oor die ander thread op 'n ander plek
>waarin ons verskil, of wat?)
Wie vloek?
Groete, Leendert
<<'n Ou grap.
>>Probeer jy "doos" se?
>
>Jy kry die boodskap.>>
A! Hy kan dit nie se nie.
(Maar kan dit om die hoek suggereer en dan giggelend weghanrdloop....)
Leenderd in nie 'n man wat vloek nie. Nee, nie HY nie.
(Dis soos hy hoofseun geword het. En hoekom die dominee hom so geprys
het. Omdat hy nooit actually gevloek het nie. Want Lenie verstaan dat
daar sekere voordele aan verbonde is om nooit actually GESIEN te word
dat hy die woorde se nie.)
Niks van strepe op die grond nie ou Lenie.
Ek vang net 'n kak in mense wat suggesties los in plaas van iets
reguit se en dan glo hulle het dit nie gese nie.
Dis daai mense wat wag dat iemand anders iemand begin uitkak en as
hulle besluit daar is niks te verloor om ook in te klim nie en dalk
iets te wen, dan gaan staan hulle langs die ou wat uitkak en smile
smalend.
<<>Iets wat nogtans rym met - Koos? :-)
>
>Groete, Leendert>>>
'n Ou grap.
Probeer jy "doos" se?
Maar jy kan dit nie uitkry nie want jy moet nog Sondag kerk toe ook en
so aan....
As jy my wil vloek, dis koel. Maar jy moet die guts he om dit te
se. Reguit te se.
(Is die vloekery op my nou oor die ander thread op 'n ander plek
<< Dis maar
>net dat jou gesanik nie een van hulle werd is nie.>>
Mos gese jy is van daai ontkenning-soort. Hier doen jy dit nou weer.
Matroos?
Dit maak sense.
Dags^e
Dit sal gaaf wees as ABSA se tuisbankdiens op die web ook in afrikaans
is.
Sanlam verdien 'n pluimpie vir hulle puik Afrikaanse bladsye by
http://www.sanlam.co.za/indexa.htm, maar ek sou graag reeds op
hulle tuisblad by http://www.sanlam.co.za 'n skakel na die
afrikaanse deel wou sien.
Hoekom is jou naam Sanlam, en nie Deon Meyer nie?
Verteenwoordig jou mening Sanlam se amptelike standpunt?
Dis nie 'n aanval nie - ek wil maar net weet of die bydrae
amptelik is of nie.
Vir nog kommersiële bladsye in Afrikaans, gaan kyk gerus by:
http://www.geocities.com/Heartland/9657/dieknoop.htm#handel
Mooi loop
>On Fri, 24 Jan 1997 16:21:43, oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van
>Oostrum) wrote:
><<'n Ou grap.
>>>Probeer jy "doos" se?
>>
>>Jy kry die boodskap.>>
>A! Hy kan dit nie se nie.
>(Maar kan dit om die hoek suggereer en dan giggelend weghanrdloop....)
>Leenderd in nie 'n man wat vloek nie. Nee, nie HY nie.
O ek vind wel nut in 'n goedgekose kragwoord waar dit aangewese is. En na
twintig jaar as matroos beskik ek ook 'n ryke skat van sulke juwele. Dis maar
net dat jou gesanik nie een van hulle werd is nie.
>(Dis soos hy hoofseun geword het.
Nooit gewees nie. Hoofseuns word nie juis matrose nie.
> En hoekom die dominee hom so geprys
>het.
Jy weet iets wat ek nie weet nie :-)
> Omdat hy nooit actually gevloek het nie. Want Lenie verstaan dat
>daar sekere voordele aan verbonde is om nooit actually GESIEN te word
>dat hy die woorde se nie.)
>Niks van strepe op die grond nie ou Lenie.
>Ek vang net 'n kak in mense wat suggesties los in plaas van iets
>reguit se en dan glo hulle het dit nie gese nie.
Nou wat het ons hier - Booos Kooos?
>Dis daai mense wat wag dat iemand anders iemand begin uitkak en as
>hulle besluit daar is niks te verloor om ook in te klim nie en dalk
>iets te wen, dan gaan staan hulle langs die ou wat uitkak en smile
>smalend.
Ag nee wat sommer Vooos Kooos, lyk dit my :-)
Gaan jou liefies.
Leendert
>Sanlam (d...@iafrica.com) wrote:
>: Hallo almal
>: Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
>: tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.
>: 'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
>: om hulle tot ander insigte te bring.
>: Groete
>: Deon Meyer
>Deon,
>Daar moet sekerlik iets fout wees, want my ABSA tuisbankdiens op Beltel is
>in Afrikaans, en bied trouens die keuse van taal aan. Miskien is hulle goed
>op die Web nog nie vertaal nie? Het jy al navraag by hulle gedoen?
>Ek sien jy skryf SANLAM as jou site, baie van die goed wat ek deesdae van
>SANLAM kry is ook net in Engels, en ek praat nie van gemorspos nie, maar
>goed wat aan my persoonlik gerig is. Gaan vee gerus eers voor jou (julle)
>eie deur.
>Groetnis,
>Dries
Deon en Dries,
Ek het gekla soos Deon voorgestel het en sommer dieselfde dag email
(in Afrikaans!) gekry van 'n mediabeampte van ABSA wat verduidelik het
dat hulle besig is met marknavorsing en na die taalkwessie kyk (ons
sal maar moet sien of hulle iets gaan doen!).
Dries, ek weet ek werk vir Eskom en moet ook voor my eie deur gaan
vee!
Groete
Johan
Beste Gert
Die "Sanlam" was 'n glipsie - die versoek was in my persoonlike
hoedanigheid gedoen en ek sit nou nog met 'n rooi gesig. Dit kom daarvan
as 'n mens b,lindelings 'n nuwe USENET-applikasie toets.
Groete
Deon
Ja, Dries, ek voel skaam oor die "Sanlam" - ek het 'n nuwe USENET-
applikasie gelaai, wat summer inligting uit Windows vir sy konfigurasie
gehaal het. Hopelik het ek dit nou reggestel. (Ek het die boodskap in
persoonlike hoedanigheid gepos.)
En ja, Sanlam is nie onskuldig nie - ons vee vreeslik, want ons deur is
so groot. Om die waarheid te sê, ons het ons nuwe Web-ruimte, wat op 1
Februarie afskop, in Engels ontwikkel, en werk nou 20 uur per dag om die
Afrikaans betyds gereed te kry. En ons gaan nie alles klaarkry nie - ek
weet dit nou al.
Groete
Deon