Volksvergadering

0 views
Skip to first unread message

Sanderis Maartens

unread,
Sep 4, 2008, 4:32:27 AM9/4/08
to onsstem-va...@googlegroups.com
4 September 2008

Geagte volksgenoot,

VRYHEIDSKONFERENSIE

'n Tyd gelede het ons die voorstelle vir 'n
volkskongres/vryheidskonferensie aan u gestuur. Die
raadplegingingsfase is nou afgehandel en die volledige verslag van die
meningsopname word hierby ingesluit. Indien u moontlik nie die
voorstelle ontvang het nie, kan u dit lees in Vryheidsbulletin nr 20
op ons webtuiste by vryheidenreg.com.

Uit die opname is dit vir ons duidelik dat verreweg die meeste
Boere/Afrikanerorganisasies op hierdie stadium nie gereed is vir 'n
byeenkoms in sy voorgestelde vorm, naamlik 'n landswye
verteenwoordigende kongres/konferensie van die groots-moontlike getal
organisasies nie. Die BVI het aan die hand van die resultate van die
meningsopname gekonsulteer met die ander instansies wat ook met
inisiatiewe vir so'n byeenkoms begin het. Daarop gebaseer dink ons
dat daar op die volgende wyse met hierdie saak vorentoe beweeg moet
word:

* Die tyd vir die beoogde byeenkoms in sy huidig-voorgestelde vorm is
nie nou ryp nie. Dit is egter uiters noodsaaklik dat daar 'n
gesamentlike strategie vir die herwinning van ons vryheid ontwikkel
moet word en daarvoor sal verteenwoordigers van ons volksorganisasies
wel op een of ander stadium in die toekoms bymekaar moet kom.

* Daar was egter ses organisasies en dertig individue by wie daar 'n
behoefte aan so 'n konferensie bestaan. Dan is daar nog twee
organisasies wat voorwaardelik ingestem het. Saam met die BVI gee dit
nege organisasies. Ons kan aanvaar dat hulle verteenwoordigend is van
'n groter getal mense. Ons voel dus dat ons moet voortgaan met die
byeenkoms, maar in 'n ander vorm. 'n Vryheidskonferensie waarheen
alle vryheidsgesinde Boere/Afrikaners in hulle persoonlike
hoedanighede uitgenooi word, moet gehou word. Dit sal dus nie meer 'n
konferensie wees waarheen organisasies verteenwoordigers stuur nie
maar een wat individue in hulle eie hoedanighede bywoon.

* Die doelstellings van die konferensie sal nog dieselfde bly naamlik:

* Vryheidsgesinde Afrikaners moet mekaar persoonlik ontmoet en beter leer ken.
* Gedagtes oor bestaande en beplande vryheidsaksies kan uitgeruil word.
* Daar kan besin word oor 'n gesamentlike strategie vir die herwinning
van ons vryheid.

Sommige praktiese reëlings sal bietjie aangepas moet word om vir die
veranderde vorm van die konferensie voorsiening te maak. Na ons
mening sal dit beter wees om dit op 'n sentrale plek soos byvoorbeeld
Bloemfontein te hou ten einde meer individue die geleentheid te gee om
dit by te woon en verder sal dit baie moeilik wees om dit nog
gedurende 2008 te hou. Ons dink dat ons moet kyk na 'n datum in 2009
soos 6 April (Van Riebeeckdag/Stigtingsdag) of 31 Mei
(Bittereinderdag/Republiekdag).

* Dit is belangrik dat die konferensie op so'n wyse ingerig word dat
dit 'n konkrete, positiewe bydrae tot die uiteindelike herstel van ons
vryheid in 'n soewereine staat kan lewer. Die doel moet wees om
bestaande aksies, wat tans op 'n gefragmenteerde basis plaasvind, te
koördineer en kragte saam te snoer om 'n groter impak te maak.
Wanneer die konferensiegangers na die konferensie huistoe gaan, moet
elkeen presies weet wat hy/sy prakties kan doen om die vryheidsideaal
te bevorder. In besonder moet mense toegerus word om die
vryheidsideaal tot op voetsoolvlak in die harte van mede-volksgenote
in te dra. Die beweging vir vryheid sal uit die volk self moet kom.
Alleen dan sal ons uiteindelike vryheid, as God ons dit genadiglik
skenk, 'n blywende, langtermyn karakter hê.


'n Beplanningsvergadering word DV op Saterdag 20 September in
Bloemfontein gehou waarheen alle voornemende beskermhere uitgenooi
word. Ons het egter besluit om ook ander persone wat alreeds hulle
belangstelling in en meelewing met ons vryheidstryd betoon het, uit te
nooi om die vergadering in hulle persoonlike hoedanigheid by te woon.
U is een van hierdie persone. Die vergadering word om 10h00 in die
CVO-skool Dankbaar se saal gehou. Bloemfontein is gekies vanweë sy
sentrale ligging. Dit sal waarskynlik duur tot ongeveer 16h00 en 'n
ligte middagete en verversings sal teen geringe koste aangebied word.
Vir roete-aanwysings kan mnr Marius de Vos by 082 - 745 5183 geskakel
word. Die BVI sal as sameroeper van die vergadering optree en by die
aanvang daarvan sal 'n voorsitter uit die aanwesiges gekies word. Die
doel van die vergadering sal wees om finaliteit te kry oor die
doelstellings en praktiese reëlings vir die beoogde
vryheidskonferensie en om 'n datum en 'n plek daarvoor te bepaal. Die
voorstelle in verband met die volkskongres/ vryheidskonferensie wat
uitgestuur is, sal as basis van bespreking dien maar 'n volledige
agenda sal voor die vergadering gestuur word aan alle persone wat die
vergadering wil bywoon.

Ons vertrou dat dit vir u moontlik sal wees om die
beplanningsvergadering by te woon. Ons sal baie graag u antwoord voor
of op Donderdag 18 September 2008 wil ontvang. Hierby ingeslote is 'n
vormpie wat u kan gebruik om op die uitnodiging te reageer.

Verskoon asseblief die onpersoonlike vorm van hierdie brief. As
gevolg van tydsdruk moes ons noodgedwonge op dié wyse te werk gaan.


Met vriendelike groete

Frikkie Strauss

nms Dagbestuur van die BVI

* Ek .................................................................................beplan
om die beplanningsvergadering wat DV op Saterdag 20 September in
Bloemfontein gehou word, by te woon. (Aantal
persone.........................)


*******************************************************
* Ek kan nie die vergadering bywoon nie, maar is gewillig om 'n bydrae
van R............. tot die delging van die kostes daarvan te maak.

********************************************************
Naam: ....................................................................................
Posadres/e-posadres:.................................................................
Tel/Sel:....................................................................................
Stuur na BVI by Posbus 339, Piketberg 7320, Faks 022 - 913 1482,
e-pos stra...@xsinet.co.za of bel ons by 022 - 913 2391

Bankbesonderhede: BVI : Absa, 334-211 : 910 397 1109

VERSLAG OOR REAKSIE OP VOORSTELLE VIR.doc
image001.png
image002.png
image003.gif
image004.gif
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages